[metaslider id=2449 cssclass=””]
Bordkryt is ‘n heerlike medium vir ons kleinspan om mee te werk. Maar o genade, die stof is darem maar iets vreeslik! Hier is ‘n gawe idee.
Meng so min of meer 1/4 koppie suiker met 1 koppie water. Laat week gewone bordkryt vir ‘n paar uur in die suiker water. Haal die kryt uit en laat dit droog word. Die bordkryt is nou gereed om gebruik te word.

Bordkryt het mooi helder kleure na hierdie proses en gee nie meer die poeier af nie. Boonop kry die kryt ‘n gevoel soos ‘n pastel.
Probeer om nie kort stukkies bordkryt aan jou kleinspan te verskaf nie. Hulle potloodgreep is nog besig om te ontwikkel en die klein vingertjies gaan sukkel om die stompies raak te vat.
Leave a Reply