Wiskunde (of gesyferdheid) is ‘n besonderse abstrakte vak. Vir ons maats is dit dus byna onmoontlik om hierdie abstrakte inligting op plat-vlak papier weer te gee. Voordat jy een wiskunde werkskaart voor jou kind(ers) neersit moet die kind eers die basiese van hierdie vak beleef!
Hoe meer sintuie jy betrek by leerstasies, hoe beter is dit vir die kind. Op hierdie manier kan ons nie net memoriseer nie, ons kan ook verstaan. As jy boonop kan beweeg tydens die leerstasie, dan het jy voorwaar ‘n treffer!
Hier volg ‘n paar algemene riglyne om wiskunde meer konkreet te maak :
- Gebruik tellers – dit kan mooi plastiese tellers wees, of klippies, stokkies, blare … ag eintlik enige iets.
- Tel gereeld alledaagse objekte – die karre wat verby ry, die lamppale soos ons loop, die trappies op by die stoep ens.
- Moenie jou kind bang maak vir wiskunde deur jou eie gru-stories met smaak te deel nie.
- Sien saam met jou kind wiskunde raak in julle alledaagse handel en wandel – wanneer ons resepte volg, geld gebruik, beplan vir gaste wat kom kuier, klere was en sorteer… Wiskunde is oral om ons.
Leave a Reply