Hulpbronne benodig: Eierhouer Repies karton (van papboks, tissueboks ens) of roomys stokkies Pen |
Lesuitkomste: Herken klankies Vorm woordjies Skryf woorde |
Les fases:
Vir hierdie les moet die onderwyser ‘n eenvoudige hulpbron met afvalprodukte maak. Hier volg die instruksies:
- Neem ‘n stuk stewige karton en sny dit in stroke. Ongeveer so lank en dun soos ‘n keel of roomys stokkie (Hierdie stokkies kan ook gebruik word). Stewige karton kan gekry word vanaf papbokse, tissuebokse, papierbokse ens. Jy gaan 10 tot 15 stroke of stokkies benodig.
- Skryf op die strokie of stokkies, eenvoudige woorde maar laat die vokaal uit, voorbeelde sluit in:
k_t, – kat
m_s – mos, mus, mis, mes
b_k – bok, buk
k_m – kom, kam
l_m – lam, lem
m_t – met, mat
n_r – nar
v_t – vet, vat
n_t – net, nat
d_k – dak
- Skryf nou op die eierhouer se hobbeltjies, verskillende vokale (a e i o u). Gebruik ‘n sker of messie en sny ‘n gleufie bo op elke hobbeltjie van die eierhouer. Die stokkies of strokies karton moet daarin kan pas.
Inleiding –
wys vir die leerders die verskillende vokale op die eierhouer, vra vir die leerders om die klankies te noem, maak seker die leerder weet wat elke klankie is.
Inhoud:
Gee nou vir die leerder ‘n strokie of stokkie met ‘n “woord” op, vra vir die leerder watter 2 klankies is dit. Vat die “woord”, byvoorbeeld k_t en soek tussen die vokale, die regte een wat die woord sal voltooi. Toets die woordjie met elke vokaal byvoorbeeld,
a – kat
e – ket (bestaan daar ‘n woord soos ket? Laat die leerder daaroor dink)
i – kit (Bestaan daar so woord soos kit? Laat die leerder daaroor dink)
u – kut
o – kot
As die leerder besluit dat die a – klankie vir kat, beste pas, laat hy of sy die strook of stokkie in die gleufie van die a druk, lees of klank nou die woord met die vokaal by. Vra vir die leerder wat die woord is en wat dit beteken. Skryf die woord oor op ‘n papier of in ‘n werkboek.
Herhaal die proses met elke woordjie todat al die woorde voltooi is. Die aktwiteit help die leerders om klankies te herken, woordjies te klank en vorm en oefen ook hulle fynmotoriese spiertjies om die stokkies in die gleufies te druk.
Slot –
Indien leerders al in staat is om eenvoudige sinnetjies te skryf, laat hulle drie van die woorde kies wat gevorm is en maak sinnetjies daarmee. Leerders kan ook by elke woordjie ‘n prentjie teken om die betekenis uit te beeld.
Leave a Reply