Indien julle tuis ‘n skottel, plastiekbak, swembadjie, lae wasbak of selfs bad het, wil ek julle graag uitnooi om ‘n waterspel stasie vir die maats te skep – dit is hope pret!
Vul die houer met bietjie water en voeg dan kombuis toerusting by soos:
- Maatbekers of koppies
- klitser
- bakkies
- spuite of druppers
- strooitjies
In my voorbeeld het ek baie apparaat bygevoeg om vir julle ‘n voorbeeld te wys, maar moet ASSEBLIEF nie die leerders oorweldig deur te veel apparaat te gee nie. Dit neem weg van die leerders se kreatiwiteit en die doel van waterspel.
My water is ook gekleur, indien julle kleursel tuis het, doen dit gerus. Maar gekleurde water is NIE nodig NIE. Waterspel is die perfekte geleentheid vir ons maats om te leer van min en baie, meer of minder, swaar en lig. Nuwe woordeskat soos vloei en drup kan nou ook aangeleer word. Maar baie belangrik, moet asb nie hier oorneem nie – los die leerders om self te eksperimenteer.
Moet asseblief nie by hierdie spesifieke waterspel stasie, diere, borrels, karretjies ens byvoeg nie. Hou dit eenvoudig.
Leave a Reply