Die vlieëplak in jou leerstasie

Ons het op ons Facebook groep Graad R sonder werkskaarte gevra dat ons lede idees gee met vlieëplakke. Waarvoor kan jy alles hierdie vlieëplak inspan? Hier is ons super kreatiewe oulike juffies en mammas se antwoorde :

Elsa de Witt sê : Slaan balonne vir mekaar!

Alta Jordaan sê : Pluimballetjies kan ook geslaan word. Vir die heel klein peutertjies sal ‘n boontjiesakkie ook so gedra kan word. Mens kan self vir die ouer outjies dit as ‘n Midlynkruisingsoefening kon gebruik. Sit die een handjie op die teenoorstaande skouertjie en loop met die boontjiesakkie op die plakkie reg in die middel van die lyf of effens skuins vorentoe.

Ronél Coetzee het ook ‘n bydra : Pak kaartjies met verskillende hoeveelhede op die vloer uit. Roep ‘n getal uit en die maatjie moet die regte versameling soveel keer slaan. Pak vorms op die vloer uit. Roep ‘n vormnaam uit waarop die maatjie moet slaan. ‘n Groep maats kan saam lettergrepe van woorde slaan.

Janica Bothma Ehlers is sommer vol gedagtes en planne : Sit n vissie op die spaan en loop met die vissie heen en weer
Pak d vlieeplakke op die grond en spring daaroor soos n leertjie
Speel hokkie daarmee
Plant d vlieeplak op die gras en probeer d handjie gedeelte raak gooi
Tel die vingers😄
Ryg die vlieeplakke aanmekaar deur die klein gaatjies op die punte
Slaan lettertjies, nommers of woordjies saam n maatjie
Gebruik twee saam asof dit n tang is en knyp d vissies vas en gooi in d water

Ek hoop julle het nou sommer hope idees gekry met hierdie eenvoudige apparaat.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: