Monopoly

Monopoly is ‘n speletjie so oud soos die berge! Gaan lees hier oor die interessante geskiedenis van hierdie bekende speletjie : https://en.wikipedia.org/wiki/Monopoly_(game)

Ek en my 3 kinders speel graag saam hierdie heerlike speletjie. My kroos is 4, 7 en 10 jaar oud. Ek wil graag met julle my gedagtes deel rondom hierdie opset waar verskillende ouderdomme saam leer.

My 4 jarige :

Sy het baie noukeurig elke kolletjie getel op die dobbelstene soos ons hulle gegooi het. Ons het dus herhaaldelik optel tot by 12 geoefen. Haar aandagspan was omtrent 10 minute (wat baie lank is vir haar ouderdom!). Sy het vinnig gesnap dat die figuurtjie al in die rondte spring en wou alles koop wat sy sien (selfs die tronk!).

Sy het nog geen begrip of verstaan van geld nie en ek het haar daarmee gehelp. Sy wou dit self aangee en ons het die kleure van die geld gebruik sodat sy self die geld kon “uit tel”.

My 7 jarige :

Hierdie prinses moes elke keer die syfers tel op elke dobbelsteen apart en dan ‘n optelsom doen om te sien hoeveel sy moet aanskuif. Ons het sommer hope somme gedoen met getalle tot by 12. Sy kon haar eie geldsake hanteer en (eie aan haar persoonlikheid) was sy versigtig met enige aankope en het baie oordeelkundig opgeweeg wat om te koop en wat nie.

Sy kon nog nie die Engelse kaartjies lees nie.

My 10 jarige :

Seuna kan al met sy eie geld werk en kon die speletjie onafhanklik speel. Hy was selfs die bank! Die somme met die geld was moeilik vir hom en baie goeie oefening. Natuurlik het die geld somme altyd in sy eie guns gedraai en moes ek die kreatiewe besigheidsman in hom bietjie help.

Hy kan al Engels lees en was verantwoordelik vir al die lees werk. Hy het hope nuwe Engelse woorde geleer wat ons nie in ons daaglikse handel en wandel gebruik nie.

Mamma (ouderdom onbekend) :

Dis ‘n uitdaging om 3 kinders op 3 verskillende vlakke te akkommodeer. Ek het egter so bietjie raad –

  • Gee vir elke kind ‘n taak wat op hulle vlak moeilik is. Dit maak dat ons meer geduld met mekaar het want almal sukkel êrens met ietsie.
  • Ek het ‘n tydperk aan die speeltyd gemaak, hierdie speletjie kan nogals aanhou en aanhou en aanhou. Ons het oor 4 dae vir 1 uur elke dag gespeel.
  • Vir my eie rus en vrede (ek raak maklik sensories oorlaai) was die reël dat ons nie mag aangaan met die speletjie totdat een kind se beurt heeltemal afgehandel is nie.

Dit was werklik vet pret vir ons almal!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: