Grendelstaat en jou kind met uitsonderlike of gefokusde behoeftes

In hierdie tyd het ons gaan aanklop by Janica Ehlers. Hierdie besonderse juffrou het ‘n klein privaatskool in die hart van die bosveld. Haar skool is gevul met spesiale kinders, elkeen met unieke behoeftes.

In hierdie video het sy by van die ouers in haar skool gaan aanklop (dis nou natuurlik ‘n virtuele aanklop) om uit te vind watter uitdagings hulle in hierdie tyd die hoof moet bied. Gaan kyk die besonderse video vir hulle terugvoer.

Hier is Janica se raad vir JOU :

Tuisonderrig is n ongelooflike uitdaging vir die meeste mammas tydens COVID-19, maar wat van die kind met leerhindernisse,wat nodig het om op verskillende maniere aan leer blootgestel moet word?

Nie alle kinders is in staat om aanlynonderrig te doen nie. In die eerste plek het meeste ouers nie internet toegang of die nodige skryfbehoeftes om te kan leer nie. Sommige ouers moet vanaf die huis werk en om skool te gee is nie hul eerste prioriteit in die onsekere tyd nie. Wat nog die kind leer met spesiale behoeftes…? Die geduld en tyd wat aan een kind spandeer moet word,terwyl daar nog twee ander kinders is wat elke dag nuwe werk ontvang is uitdagend!

Kinders is onseker van hoekom die wêreld moet stilstaan. Mammas en Pappas is finansieël en emosioneel gespanne en die kind voel dit aan. Die kind vind dit moeilik in sulke omstandighede. Wat kan ouers by die huis doen om hierdie kinders te help?

Hier volg n paar wenke wat jy kan doen om seker te maak jou kind kry die beste wat hy nou nodig het:

• skep n leerarea waar julle elke dag bymekaar kom vir leer
• staan vroeg op en trek skoolklere aan sodat u kind naastenby dieselfde roetine hou soos met n gewone skooldag
• maak seker u kind het geëet voor leer begin en laat hul ‘n bottel water saamneem tafel toe
• doen ontspanningsoefeninge saam en strek lekker uit
• luister n vrolike liedjie en doen bewegings saam
• gesels oor die weer en die nuus vir die dag, vra jou kind hoe voel hy/sy en maak seker hulle hartjies is gelukkig
• Wys nou vir jou kind die dag se werk wat vandag van hom verwag word sodat hulle nie heeltyd vir mamma hoef te vra “wat moet ons nog doen nie”?
• maak seker jy gebruik die regte skrif asook wanneer jy jou kind nuwe werk aanleer moet jy die regte skryfwyse gebruik om verwarring te voorkom
• wanneer julle leer is dit belangrik dat die hele huis weet dit moet stil wees vir daardie tydperk, geen geraas.
• prys die kind gereeld positief en moedig hul aan om opdragte klaar te maak voordat ‘n nuwe opdrag begin kan word
• beloon jou kind aan die einde van die dag met iets kleins as al sy werk klaar is ( net nie suiker nie)
• probeer soveel as moontlik die roetine by die huis hou en maak vasgestelde leer ure vir elke dag
• neem gereeld n breek deur iets te eet of om badkamer toe te gaan.
• beperk die televisie, selfone en rekenaars soveel as moontlik en laat kinders buite speel en klouter om hul denke te verfris
• maak seker u kind kry steeds die nodige medikasie elke dag
• verminder papierwerk en laat u kind dieselfde opdragte konkreet en kinesteties leer voor jul begin skryf
• maak gereeld kontak met die betrokke juffrou indien jy sukkel met n opdrag
• hou by die werk wat hul van die skool af kry en wees versigtig wat julle alles van die internet aflaai, daar is baie idees daar buite, pasop om nie die kind te oorweldig nie.
• werk op die kind se pas en nie jou eie nie

This is just a bend, not the end. Be gentle on yourself…you’ve got this!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: