Gaan kyk gerus na hierdie video vir agtergrond oor die 7 punt skaal.
Die 7-puntskaal
Algemene beskrywing van die 7-punt skaal. Sien ook National Protocol for Assessment van die Departement van Basiese Onderwys.
- Baie swak – Die leerder het nog geen begrip van die leerinhoud nie en geen vordering word nog waargeneem ten opsigte van die spesifieke leerinhoud nie.
- Swak – Die leerder begryp baie min/nie genoeg van die leerinhoud en daar is nog nie genoeg vordering in bereiking van die mylpale nie.
- Middelmatig – Die leerder het ‘n beperkte begrip van die leerinhoud en toon wisselvallige vordering. Vaardighede kan met hulp aangewend word.
- Bevredigend – Die leerder het algemene begrip van die leerinhoud en toon goeie vordering met meeste mylpale. Kan soms vaardighede selfstandig aanwend.
- Goed – Die leerder het ‘n goeie begrip van die leerinhoud en kan soms vaardighede op nuwe wyses aanwend.
- Baie goed – die leerder het volle begrip van die leerinhoud en het alle mylpale ten volle bereik. Kan vaardighede selfstandig en op kreatiewe wyses aanwend.
- Uitstekend – Die leerder het uitstekende begrip van die leerinhoud en maak uiters selde foute in die aanwending daarvan. Alle mylpale en leervaardighede funksioneer op ‘n konstante basis bo ouderdomsvlak.
******
More Yolandi
Dankie vir die 7 punt skaal artikel dit is awesome dankie .Die ander ding waarmee die nuwe onnies sukkel is hoe om die SBA se rubrieke uit te werk in graad R en hoe om dit in jou beplanning toe te integreer .Kan jy hul help asb met idees .
Dankie Amalea
LikeLike