Hoe beskerm ek my skool en my personeel?
Moenie die geleentheid mis om hierdie seminaar by te woon nie!
Wat is die onderwerp ?
- Wat moet ek dan as ‘n ouer my dreig met regsaksie?
- Wanneer moet ek ‘n prokureur betrek?
- Hoe beskerm ek my personeel teen ouers wat hulle boelie?
- Seksuele wangedrag in die werksplek – hoe hanteer ek dit as ‘n ouer onvanpas optree teenoor ‘n personeellid?
- Is die kliënt altyd reg?
- Wat moet ek doen as ek ‘n brief vanaf ‘n prokureur ontvang, ek het nie geld om elke keer ‘n prokureur te betrek nie.
Hou jou eie vrae byderhand.
Wie is ons sprekers?
Anisje van Kaam-Oberholster – prokureur in privaat praktyk
Wie sal by hierdie aanbieding aanklank vind?
Hoofde, eienaars en bestuurders van skole (die fokus is op kleuterskole)
Die koste, tyd en medium van aanbieding
Hierdie seminaar was lewendig aangebied in 2020 en is opgeneem, sodat jy enige tyd self kan bywoon.
Die seminaar sal jou so twee ure neem om deur te werk.
Koste : R90/persoon
Medium van aanbieding : Die aanbieding is ‘n kombinasie van videos en uitdrukbare materiaal (waar van toepassing).
Daar is gewoonlik ook ‘n ekstra video waar ons vrae antwoord van mense wat die lewendige seminaar bygewoon het.
Jy is dus ook welkom om, nadat jy die seminaar bygewoon het, per Whatsapp vir ons jou vrae aan te stuur vir ons om te antwoord waar ons kan.
Onderwysers kry CPTD punte en ouers leer belangrike beginsels. So maak ons saam die span van kind, ouer en onderwyser sterk!

Wil jy eers kyk watter ander seminare ons beskikbaar het voor jy besluit?
Hier is ons volledige reeks seminare:
- Seminaar 1 (assessering, kreatiwiteit, klaskamer-kameras) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 2 (leerstasies) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 3 (jou dagprogram) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 4 (raad met die kontrakte in jou skool) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 5 (hoe om jou skool en personeel te beskerm) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 7 (die pad na geletterdheid) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 8 (perseptuele ontwikkeling tydens Covid-19) – meer detail oor die inhoud hier
As jy 4 of meer seminare gelyktydig voor bespreek en betaal, is daar R10.00 afslag per seminaar.
As jy al 8 seminare bywoon, is daar R15.00 afslag per seminaar.
Skryf jou skool se personeel in vir groepsafslag – kontak ons by admin@oasisclub.co.za
Is jy gereed om in te skryf?
Om jou plek te bespreek en te betaal, kliek HIER
Hi daar
Ek sien nie ‘n skakel vir seminaar 5 nie slegs 1-4 of al 5
LikeLike
Ek is nie seker of ek reeds geregistreer is vir hierdie aanbieding. Ek het reeds baie van julle aanbiedings bygewoon. Wil asb ookhierdie een bywoon. Ek is onderwyseres/ bestuurder by Laerskool se Pre- primêr.
LikeLike