Legos (en eintlik enige soortgelyke blokkies) is heerlike hulpmiddels in jou klas en by die huis. Hier is so ‘n paar idees om in te span.

Begin by 1 en bou die blokkies op tot by 10. Elke keer een meer. Een meer, nog een meer. Tot by 10. As jy klaar is lyk dit soos trappies.

Bou vooraf die blokkies in groepies saam. Die aantal wat jy op mekaar stapel wissel tussen 2 en 10 blokkies. Gee jou kind nou kans om die patroon te herhaal deur die toring presies te bou soos jou voorbeeld was.

Merk jou blokkies van 1 tot 20. Soek nou die regte volgorde van blokkies en stapel hulle op vanaf 1 tot 20. Probeer nou ook hulle weer opbreek deur elke keer 1 af te haal, en tel dan weer terug tot by 1.

Pak ‘n patroon met blokkies en figure. Los ‘n blokkie uit in die patroon. Die kind kry nou kans om die patroon te voltooi deur te kyk waar die blokkie kort en die regte blokkie te soek om die gaatjie te vul.
Ek hoop julle speel sommer baie lekker met julle blokkies! Stuur asb vir ons fotos van julle eie kreatiewe blokkie leer idees.
Leave a Reply