Verandering is moeilik

Die afgelope week het my rekenaar die gees gegee. Sommer net besluit genoeg is nou genoeg. Eers al stadiger en stadiger … en toe sommer net dood.

Baie geesdriftig het my man die kinders se rekenaar vir my aangebied. Baie teësinnig het ek die nuwe rekenaar aangedurf. Alles was vreemd, alhoewel die platform dieselfde is, was alles vreemd. Die sleutelbord is anders en ek maak hope tikfoute… die programme sit op ander plekke… my fotos maak snaaks oop… goed stoor op vreemde manier … ag alles was net anders!

Elke keer wat ek manlief roep om te kom help antwoord hy heel hulpvaardig : ag nee wat, dis nie so erg nie, maak net so en so. Naderhand is ek so vies vir hom ek roep hom nie eens meer nie.

Na so 2 ure se gespook sit ek voor die skerm, hande oor my gesig en huil. Huil dat die trane loop. Moedeloos, gefrustreerd en sommer vies ook. Ek hou nie van vreemde goed nie, ek hou van die bekende, soos ek dit ken.

Dit laat my toe dink aan die situasie in ons huise op die oomblik. Alles vir ons kinders is vreemd, dis ‘n splinternuwe realiteit. Vreemd lei tot moedeloos, frustrasie en rebellie – en dis in myself waar. ‘n Grootmens. Wat nou nog van ons kinders wat nie eens verstaan hoekom alles so gou moes verander nie.

Ek wil jou aanmoedig om met sagte oë na jou kinders te kyk. Geduldig raad te gee en nie sommer te aanvaar dis so maklik soos “ag maak net so en so” nie. Luister geduldig, los ruimte vir jou kinders om te treur oor dinge wat so skielik verander het. Gesels saam, en skep saam ‘n nuwe realiteit wat werk vir jou en jou huis.

Terug in ons eie huis … eerstens is ek baie bly dat fase 4 beteken my nuwe laptop is bestel en is in die pos. Tweedens verskoon tog die tikglipse in my artikel, ek leer nog die nuwe sleutelbord ken.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: