Kleuter Kliek tuisprogram

Wat behels die program?

Elke dag se take bestaan uit ‘n paar gedeeltes.

KK Tuisprogram - Vraag en antwoord sessies

Ons klein maats leer op hulle beste wanneer al hulle sintuie betrek word by die proses.  In hierdie daaglikse program doen ons dit!  Hier is baie min papierwerk en werkskaarte betrokke nie.  

Elke dag bevat ‘n paar komponente :

1.  Tema werk – ons gaan een tema per week doen en gaan videos gebruik sowel as aktiwiteite (gewoonlik 1 video en 2 aktiwiteit per dag).  Die temas is CAPS belyn, maar die inhoud is verryk om baie meer omvattend te wees as CAPS se minimum.

2.  Kreatiewe aktiwiteit – ons fokus is op die belewing van ‘n verskeidenheid mediums sodat ons maats self kan eksperimenteer.  Soms maak ons ‘n oulike produk.  Die fokus is te alle tye op kreatiwiteit en skeppende leer.

3.  Taal en wiskunde – elke dag is daar taal en wiskunde aktiwiteite (2 tot 3 aktiwiteite in totaal vir die dag).  Dit word onder die “binne leerstasies” aangespreek.

4.  Groot motoriese ontwikkeling – elke dag gaan ons groot spiere met ‘n minimum van 1 leer aktiwiteit ontwikkel word.

5.  Perseptuele ontwikkeling – dit is deurgaans ons fokus.

6.  Lees – sommige dae verskaf ons die storie om na te luister of om te lees.  Meestal kan julle self kies.  (Ons gaan wel deurlopend raad gee rondom stories lees vir hierdie ouderdom kind.)

7.  Klank van die week – ons fokus elke week op ‘n nuwe letter.

Hierdie program (die gestruktureerde aktiwiteite) moet nie langer as 1 uur (opgedeel in 10 minute aktiwiteite) per dag te duur nie.  Onthou dat jou kind in jou huis nou 1 tot 1 aandag kry en nie in ‘n klas situasie is waar daar verdeelde aandag is nie.

Los baie tyd vir vryspel, blokspel, kreatiewe spel en klei spel.  Ons sal jou deurlopend aan die belangrikheid daarvan herinner asook idees gee hoe om dit sinvol aan te wend.

Voorbeeld van ‘n week se beplanning :

kleuter kliek week program voorbeeld

Hoe gaan ek weet of my kind vorder?

Assessering

KK Tuisprogram - toets

Assessering

Assessering is nie iets om voor bang te wees of om vanaf weg te skram nie.  Assessering op ons program word deurlopend gedoen deur observasie vanaf die opvoeder en ouer.  Aan die einde van die week gaan ons na 5 mylpale (sogenaamde uitkomste) kyk.

Hieraan meet jy jou kind.  Hierdie maatstaf se doel is nie om te sien of jou kind agter is nie, maar eerder om te bepaal waaraan julle nog aandag moet gee.  

Die assessering wat ons doen is belyn met  CAPS.  Ons gaan egter breër werk en soveel meer doen as net die minimum, maar ons assesseer volgens die riglyne in die amptelike dokumente.

Hoe lank moet ek deelneem?

Hoe werk die toegang tot die stelsel.

KK Tuisprogram -tyd

Jy bepaal self hoe lank julle die program wil gebruik.  Die minimum tydperk is een maand.

Toegang word weekliks verleen vir die week vooruit.  

Ouers kan self bepaal watter dae hulle watter aktiwiteite gaan aanpak.  Probeer egter om elke dag se werk op die voorgestelde dag te doen sodat jou kind nie op 1 dag al die werk hoef in te haal nie.

KK Tuisprogram - koste

Koste

Hoe werk die kostes en betalings?

Koste beloop R300/maand (al jou kinders in jou huis tussen 4 en 6 jaar kan deelneem).

KK Tuisprogram - ouderdom kind

Ouderdom kinders

Vir watter ouderdom kinders is die inhoud gepas?

Ons fokus op kinders Graad RR en graad R.  By elke aktiwiteit word aangedui wat van die ouderdomme verwag word.

Kontak admin@oasisclub.co.za OF 076-674-7901 vir meer inligting.

Betaal hier :

Pay

Is julle ‘n skool? Stuur asb vir ons ‘n epos met die aantal kinders wat julle wil inskryf na admin@oasisclub.co.za

Kies uit die volgende temas (ons brei dit gedurig uit):

Konteks 1 : Vervoer (1 maand)

  • Week 1 : Pad vervoer
  • Week 2 : Spoor vervoer
  • Week 3 : Lug vervoer
  • Week 4 : Water vervoer

Konteks 2 : Diere (1 maand)

  • Week 1 : Plaasdiere
  • Week 2 : Wilde diere
  • Week 3 : Troeteldiere
  • Week 4 : Diere in die see

Konteks 3 : Dit is ek (1 maand)

  • Week 1 : My lyfie
  • Week 2 : My sintuie
  • Week 3 : Ek leef gesond
  • Week 4 : My familie

9 thoughts on “Kleuter Kliek tuisprogram

Add yours

    1. Goeiemôre, Joan

      Goeiemôre, Esthetia !

      Daar is ‘n Payfast betaalknoppie heel onderaan die artikel.

      Laat weet as u vashaak.

      Like

    1. Goeiemôre, Esthetia !

      Daar is ‘n Payfast betaalknoppie heel onderaan die artikel.

      Laat weet as jy vashaak.

      Like

  1. Please email me more info. I have a daughter. Afrikaans Graad R.
    I would like 2 months please. I prefer to do an eft

    Like

  2. Hi! Ek sal die program graag wil be proef. Ek het 3jr en 5jr asook my huiswerker se 6jr in my huishouding. Hoe werk die inskrywings of Sal jul die inligting stuur na betaling? Dankie

    Like

  3. Hi there

    I am interested but my child is in an English school turning 4 this October.

    Do you cater for English parents too?

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: