Die pad na geletterdheid
Moenie die geleentheid mis om hierdie seminaar by te woon nie! Onthou jy kan enige tyd inskryf en op jou selfoon of rekenaar die seminaar se inhoud kyk. Daar is ook ‘n uitdeelstuk wat jy kan uitdruk!
Wat is die onderwerp ?
- Wat is die pad om te volg vir geletterdheid?
- Wat kom eerste lees of skryf?
- In watter volgorde leer ons klanke aan?
- Praktiese leerstasies vir jou huis (en klas) – fokus is op konkrete en kinestetiese leer
Hou jou eie vrae byderhand.
Wie is ons sprekers?
Sophie Breytenbach – klein kinder onderrig spesialis met meer as 40 jaar ervaring.
Yolandi van den Heever – skepper van Graad R sonder werkskaarte en skoolhoof.
Wie sal by hierdie aanbieding aanklank vind?
Ouers, onderwysers, au-pairs en klas-assistente.
Die koste, tyd en medium van aanbieding
Hierdie seminaar was lewendig aangebied in 2020 en is opgeneem, sodat jy enige tyd self kan bywoon.
Die seminaar sal jou so twee ure neem om deur te werk.
Koste : R90/persoon
Medium van aanbieding : Die aanbieding is ‘n kombinasie van videos en uitdrukbare materiaal (waar van toepassing).
Daar is gewoonlik ook ‘n ekstra video waar ons vrae antwoord van mense wat die lewendige seminaar bygewoon het.
Jy is dus ook welkom om, nadat jy die seminaar bygewoon het, per Whatsapp vir ons jou vrae aan te stuur vir ons om te antwoord waar ons kan.
Onderwysers kry CPTD punte en ouers leer belangrike beginsels. So maak ons saam die span van kind, ouer en onderwyser sterk!

Wil jy eers kyk watter ander seminare ons beskikbaar het voor jy besluit?
Hier is ons volledige reeks seminare:
- Seminaar 1 (assessering, kreatiwiteit, klaskamer-kameras) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 2 (leerstasies) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 3 (jou dagprogram) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 4 (raad met die kontrakte in jou skool) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 5 (hoe om jou skool en personeel te beskerm) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 7 (die pad na geletterdheid) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 8 (perseptuele ontwikkeling tydens Covid-19) – meer detail oor die inhoud hier
As jy 4 of meer seminare gelyktydig voor bespreek en betaal, is daar R10.00 afslag per seminaar.
As jy al 8 seminare bywoon, is daar R15.00 afslag per seminaar.
Skryf jou skool se personeel in vir groepsafslag – kontak ons by admin@oasisclub.co.za
Is jy gereed om in te skryf?
Om jou plek te bespreek en te betaal, kliek HIER
Interested for the course on tenth June.
Will let you know amount of teachers interested.
LikeLike