Konkreet leer

Daar is hope navorsing en bewyse dat ons op ons beste leer wanneer ons aan iets kan vat, dit kan sien en dit kan gebruik. Dís wanneer ons werklik leer hoe dit werk. Die heel beste manier van inligting leer is om jou nuwe kennis aan iemand anders oor te dra, jy moet dus iemand anders daarvan leer.

Hierdie is waar vir volwassenes sowel as kinders.

VERAL vir kinders.

Orals waar ek lees kom ek agter dat ouers en onnies langs mekaar staan en sê dat die alewige en uitsluitlike boekwerk en werkskaarte ‘n duistere euwel is in ons voorskoolse kinders se lewens … en tog… dis omtrent AL wat ek sien! (Van onnies en ouers “alike”!)

Daar is ook ‘n interessante neiging dat die skole die ouers blameer en dat die ouers die skole blameer. Ek veralgemeen nou verskriklik! So as die skoen jou (eerlik, opreg, hand op die Bybel) nie pas nie, dan is jy ‘n ligstraal in die duisternis! Onnies kla dat ouers die papierwerk vereis by kleuterskole, maar die onnie groepie is propvol sinnelose werksboekies met 400 bladsye in vir 3 jariges. Dit laat my wonder oor die voorbeeld wat die onnies dan stel? (Ek vra maar net…)

Van die ouers se kant af spog hulle (weereens, as die skoen te klein is vir jou hou verby) oor die bokse papiere wat hulle kinders al doen. “My Sannie, kon al vlot lees op 18 maande, ons is op pad wiskunde olimpiade toe op 3 jaar oud!” “Jy moet dalk ‘n ander skool as SpeelOmDieHoek (fiktiewe naam) kies, ek het gehoor by daai skool SPEEL die 3 jariges net! Hulle leer nie eers skryf nie. Praat van agterstand.”

Ouers, onnies, hoofde – perseptueel motoriese ontwikkeling vorm die basis van alle toekomstige formele leer. Ek wil hê jy moet dit weer lees, die keer in hoofletters : PERSEPTUEEL MOTORIESE ONTWIKKELING VORM DIE BASIS VAN ALLE TOEKOMSTIGE FORMELE LEER. Professor Grové het hope en hope bewyse hiervoor gelewer.

Perseptueel motoriese ontwikkeling beteken dat ek AL my sintuie inspan, sowel as beweging. Papierwerk – maak nie saak wat op die papier is nie, maak nie saak hoe oulik of sinvol dit is nie – vereis FYN MOTORIESE insette vanaf die kind. Dis dit. Ons oefen die fyn spiere.

Gebruik die werkskaarte (enige papierwerk waarop daar gedruk is en die kind nie sy/haar eie kreatiwiteit mag inspan nie) spaarsamig en eers vanaf graad R. En selfs in Graad R is 2 of 3 per week voldoende. Soos die jaar aangaan word dit meer – jy gaan sien die kinders is dan reg daarvoor en LUS daarvoor.

Ons stuur moeë moedelose kindertjies skool toe. Kinders wat klaar keelvol is vir boeke, kindertjies wat ernstige uitvalle toon met geletterdheid en gesyferdheid (veral hier vanaf graad 4) omdat die fondasie op wankelrige papiere gebou is.

Juffrou – gaan loer weer na jou dagprogram, maar seker dat alle vaardighede eers kinesteties en dan konkreet aangebied word. Mamma, gaan koop balle en toue en gooi Koekie se aktiwiteitsboekie vir 2 jariges in die asblik.

Kom ons WEES die verandering, en hou op die blaam rondskuif. Ons almal wil immers die beste vir ons kinders hê.

One thought on “Konkreet leer

Add yours

  1. Met die nuwe COVID reels, dink ek ons gaan uiteindelik meer konkreet kan leer!!

    Beste manier van leer en ervaar!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: