Die waarde van lees

Ek wil graag vandag met julle deel vanuit my eie huis. Dis vandag Saterdag. En soos enige ander gesin het almal baie take om gedoen te kry … wasgoed, skottelgoed, opruim. Ek dink elke mamma weet presies hoe werk Saterdae.

Ons het egter gister ‘n boks vol boeke present gekry en vanoggend dit begin uitsorteer. Die 2 dogtertjies help hiermee. Toe ons klaar is kan hulle een boek kies wat ons saam sal lees. Hulle kies ‘n stok ou weergawe van “Three little pigs”. Ek begin die boek voorlees (ons is Afrikaans en die boek in baie pragtige Engels) in my heel beste Engels. Die dogtertjies moet die varkies dramatiseer soos ek lees. Ek maak my stem dik vir die wolf se huff en puff!

Dis groot pret.

Teen die tyd wat ons klaar gelees is, moet ek hol vir die wasgoed en skottelgoedwater wat al yskoud is. Uit die kombuis hoor ek hulle. Oudste sussa (7) “lees” vir jong sus (4). Die Engels krom en skeef, die pragtige prente dien as leidrade. My jongste gil opgewonde as die wolf huff en puff. My oudste die wreedste wolf met die laagste stem in mense heugenis.

Hoekom het ek besluit om dit met julle te deel? Ek wil graag vir elke ouer tuis vertel hoe baie leer vanoggend so informeel en gemaklik in ons huis plaasgevind het.

Ons het onder andere die volgende aangespreek :

  • Dramatiseer stories of gedeeltes van stories
  • Maak beurte om te praat
  • Leer ons tweede taal sinvol praat
  • Blootstelling aan die geskrewe taal
  • Nuwe woordeskat
  • Ons het van sinskonstruksie geleer en uitspraak van woorde
  • Hulle het self die prente gebruik om die storie weer aan mekaar te sit

Die belangrikste deel is dat ons ‘n liefde vir lees en boeke leer. In ‘n ontspanne atmosfeer met ‘n storie wat ons laat giggel en saam lag as gesin. Dis hierdie herinneringe wat lees verander in geheue prente wat aangenaam is.

Moenie tevrede wees of “settle” vir die vervelige leesboekies wat jou kind hakkelend lees omdat hy/sy moet nie. Gaan soek inhoud wat jou kind interesseer en wat hulle liefde vir lees en die geskrewe taal gaan prikkel. Daar is geen beter manier om vir jou kind ‘n voorsprong te gee as met ‘n gesonde woordeskat en ‘n liefde vir lees en kennis nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: