Apparaat vir jou klas – Covid19 boks

Een van die heel beste en effektiefste manier om die verspreiding van enige virusse te voorkom is om so min as moontlik kontak te hê met ander mense en die oppervlaktes waaraan hulle sou raak. Dit is natuurlik moeilik (en selfs onmoontlik) wanneer ons met klein mensies werk.

Ons het ‘n pakket saamgestel wat elke kind sy/haar eie apparaat ontvang om te gebruik. Apparaat word dus nie gedeel nie! Hierdie pakket word in stewige plastiese houers verpak wat maklik gesaniteer kan word en op mekaar kan stapel. Ons sit elke kind se naam voor op die plastiese houer.

Hierdie houer het die volgende items in (en so paar verrassings!) :

2 kleure klei
dae van die week
maande van die jaar
weer simbole
naam van die kind
30 sigwoorde (items in en om die klas)
alfabet (net letters)
alfabet (met prentjies)
syfers 1 tot 20 (2 stelle met verskillende prentjies op)
20 bruin roonysstokkies
20 gekleurde roomysstokkies
20 plastiese tellers
20 platiese blokkies
geometriese vorms
veters
ryg aktiwiteit
lapvorms(5 vorms)10 wasgoedpennetjieskleur kaarte (patrone)
aktiwiteitsboekie met 100 aktiwiteite (een boekie vir elke 15 bokse gekoop)
Alle kaarte is stewig gelamineer.

Die aktiwiteite wat uiteengesit word dek ‘n groot gedeelte van die 4 tot 6 jaar CAPS kurrikulum en kan met groot sukses deur die onderwyseres ingespan word in haar klas. 


Kostes :

Hierdie hele pakket is beskikbaar teen R550/boks afgelewer by jou skool.  (Vir meer as 20 bokse is dit R520/boks en meer as 50 bokse is dit R480/boks)


Hoe bestel ek bokse vir ons skool?

Voltooi die vorm hieronder en ons stuur vir jou ‘n faktuur.

KLIEK HIER OM JOU BESTELLING TE PLAAS.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: