Graad R in ‘n boks

Hierdie pakket is ‘n MOET hê vir elke 4 tot 6 jarige kind in die land, dalk selfs in die wêreld! In 100 aktiwiteite (almal uitgedink deur gekwalifiseerde onderwyseresse) begelei ons jou en jou kind op julle pad na skoolgereedheid.

Die fokus van hierdie pakket is op taal en wiskunde, tesame daarmee word aan perseptuele ontwikkeling aandag gegee. Hierdie pakket fokus nie op groot motoriese uitkomste nie.

Wat is die voordele verbonde aan die pakket?

  • Dis so saam saamgestel dat mamma/ouma dit maklik saam met die kind kan doen.
  • Die apparaat word herhaaldelik gebruik op verskillende maniere
  • Ons fokus nie op mini-projekkies soos ander pakkette nie, die gebruik van die pakket raak dus nie klaar as al die projekkies of werkies gedoen is nie.
  • Hierdie pakket kan maklik na-skool ingespan word as verrykende werk, maar is volledig genoeg om saam met ‘n tuisprogram ingespan te word ook.

Hierdie pakket sluit die volgende in :

  • klei (2 kleure balletjies)
  • kleur patrone (5 patroon kaarte)
  • klein felt sirkels (10 sirkels om jou eie patrone mee te kan bou)
  • vorms (5 vorms uit lap)
  • felt vorms (15 klein vorms uit felt gesny)
  • woorde om mee te speel (10 sigwoorde wat lukraak gekies word)
  • weerkaart prentjies, dae van die week en maande van die jaar
  • ryg aktiwiteit (1 veter/plastiese veter en 10 ryg tellers) ONTHOU hierdie ryg tellers word nie net vir ryg gebruik nie, maar is ook tellers.
  • alfabetkaarte (a – z met prentjies mini kaartjies om op julle tafel te kan pas)
  • alfabetkaarte (a – z sonder prente) SLEGS EEN VAN ELKE LETTER.
  • syferkaarte (1 – 20 met prente, mini kaartjies om op julle tafel te kan pas)
  • syferkaarte (1 – 10 net syfers)
  • roomysstokkies (20 stokkies)
  • tellers (20 klein tellers)
  • wasgoedpennetjies (10 bont pennetjies)
  • blokkies (10 verskeidenheid blokkies van plasties of hout. Hulle kan stapel en kan ook as tellers ingespan word.)
  • dobbelsteen
  • jou eie kind se naam (gelamineer)
  • boekie met 100 aktiwiteite
  • uitkomste volgens CAPS vir 4 – 6 jariges (Graad pre-R en R)

Ekstra alfabet letters en syfers is aanlyn beskikbaar om self meer te kan uitdruk indien julle dit sou benodig. Daar is ook ekstra sigwoorde en patroonkaarte aanlyn.

Boonop is daar ‘n lekker uitdrukbare diere legkaart aanlyn wat julle kan inspan terwyl julle leer.

Daar waar jy dalk ‘n kleur van ‘n pennetjie of stokkie kort kan dit sommer maklik by jou supermark aangevul word.



Wonder jy hoe jou boks binne gaan lyk? :

Kyk die video hier

Die aktiwiteite wat uiteengesit word dek ‘n groot gedeelte van die 4 tot 6 jaar CAPS kurrikulum en kan met groot sukses deur die onderwyseres ingespan word in haar klas. 

Jou boks se inhoud mag hier en daar varieer van die video na gelang van beskikbaarheid. (Die hoeveelhede sal egter ooreenstem met die video hierbo.)

Hier is ‘n paar fotos uit die boks :


Aktiwiteite wat ons met die boks gedoen het :

Kostes :

Hierdie hele pakket is beskikbaar teen R550/boks afgelewer by jou huis.

Wil jy graag direk EFT?

Stuur jou bewys van betaling na admin@oasisclub.co.za ONTHOU om jou naam van, straatadres en kind se naam ook deur te stuur.

Kliek hier om jou boks aanlyn te bestel en betaal!

Die fynskrif :

  • Verpakking neem 3 tot 5 werksdae (onthou ons maak vir jou kind sy/haar eie naam mooi versier en gelamineer!)
  • Ons koerier met The Courier Guy

5 thoughts on “Graad R in ‘n boks

Add yours

  1. Jinne Yolandi ek is self ‘n Graad 1 juffrou en ek moet sê dis spotgoedkoop! Wens so ek kon ‘n comment vir jou los waar almal dit kan sien. Ek weet hoeveel ure gaan daarin om al daai goed te maak. Ek hoop jy het ‘n Epson inktank printer. Dis sooooo goedkoop om in kleur te print dat ek al so iets wou oorweeg, maar met 2 kiddies van my eie sal ek net nie tyd kry nie!

    Sterkte
    Ek hoop mense besef hoeveel tyd en moeite gaan hierin.

    Groete
    Mia Lens
    074 212 8197

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: