Ouditiewe persepsie

Ouditiewe persepsie is dít wat ons van die wêreld om ons leer deur ons ore te gebruik.

Ons kan geluide onderskei, ons hoor ritme (klank patrone), ons kan gevaar indentifiseer, ons kan hoor as iets naby of ver is, ons luister ook na wat ander sê en interpreteer dit om dit dan in aksies te kan omsit.

Dis omtrent ‘n mondvol! Om al hierdie vaardighede te bemeester het ons maats natuurlik oefening daarin nodig en blootstelling aan al die aspekte daarvan.

Hier volg ‘n paar basiese idees om solank toe te pas in jou klas of huis :

  • Ons kan klank patrone klap wat ons kinders dan kan naboots
  • Ons kan ‘n klokkie liggies tingel op verskeie plekke in die klas of huis en hulle moet dan raai waar die geluid vandaan kom
  • Sê 3 verwante woorde in ‘n reeks (soos grys, grom, graf) hardop, laat die kind nou die woorde korrek herhaal
  • Speel ‘n stuk musiek, hoor jy die klavier? Hoor jy die fluit? Watter een is die hardste? (Klassieke musiek werk die beste hiervoor.)
  • Maak toe jou oë, wat hoor jy alles?

Waak daarteen om ouditiewe ontwikkeling as ‘n totale aparte “vak” te probeer aanbied. Dis immers deel van ons daaglikse handel en wandel en ons gehoor word nie aan en af geskakel na gelang van die tyd van die dag nie. Integreer hierdie aktiwiteite met die ander aktiwiteite deur jou dag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: