Lateraliteit beteken basies dat al die kante van ons lyfie moet kan saamwerk om ‘n taak te bemeester. Dis bo, onder, voor, agter, links en regs. Ons doen sommer baie oefeninge en aktiwiteite in die kleuterjare om hierdie belangrike vaardigheid vas te lê en in te oefen.
Hierdie video is ‘n illustrasie van die assessering hiervan.
Let op na die volgende :
- Die klem is nie op die naam van die klank nie, dis op die vorm
- Die hoofletters word sommer so met die vinger toegehou om verwarring te voorkom
- Alhoewel dit ‘n assessering is, word die kind steeds begelei op pad na die regte antwoord – ons wil immers sien watter “pad” die kind se kop loop om by die antwoord uit te kom. Met blote toetsing kan ons dit nie sien nie, en weet ons dus nie werklik waar ons moet ingryp nie.
- Sodra jy weet waar die kind vashaak, keer terug na die groot motoriese (lyflike fisiese) belewing van die konsep.
Kyk nou die video en pas dit gerus toe in jou klas of huis :
Leave a Reply