Hierdie aktiwiteit pas by die tema my lyfie of dit is ek.
Hou ‘n vollengte spieël byderhand. Gee die kind kans om voor die spieël te staan en na hulle lyfies te kyk van kop tot tone. Terwyl die kind daar staan gee die opvoeder opdragte :
- Kom ons probeer op 1 been staan
- Kan jy jou hand op jou kop sit?
- Raak met jou hande aan jou tone
- Spring op en af op een plek
Dikwels dink ons maats dat hulle ‘n beweging of aksie heeltemal korrek uitvoer en verstaan glad nie as juffrou dan sê dis nie reg nie. Op hierdie manier kan ek myself sien en sommer ook saam leer waar ek nog kan verbeter.
Leave a Reply