Taal oefening

Ek het maats wat ek in die middae help met taal en wiskunde. Dis natuurlik almal graad R en 1 kinders wat daardie ekstra hupstootjie benodig of sommer baatvind by die individuele aandag.

Een so maatjie is W. ‘n Oulike kind met die mooiste maniere. Hy sukkel egter om woorde as ‘n geheel te sien en het vasgeval in die analise stap, die sintese deel wil nie so lekker gebeur nie. Hy klank elke woord, al is die woord reeds 4 maal in die leesstukkie. O ja, W is in graad 1.

Ons benadering is altyd via speel en informeel en alhoewel ons redelik gedruk vir tyd is (dit is immers al Oktober!) kan mens nie hierdie proses aanjaag nie.

Ons het begin deur al sy woorde eers met klei te bou. Daarna het ons elke woord met die hout alfabet gebou. Hy het baie slim opgemerk dat ons die letters al in die rondte kan draai.

Daarna het ons al die woorde in lettergrepe geklap. Ons het op een been gehop en allerlei midlynkruising oefeninge aangepak sommer omdat dit groot pret is!

Ek en W het ook ‘n woordspeletjie gespeel. Ek het hom “getime” (soos hy dit noem) op my horlosie. Ek gee vir hom ‘n sigwoord en hy moet so gou hy kan die woord se maat soek in die bladsy voor hom. Die woorde is groot getik en in rye sodat sy oë nie rond en bont kan spring nie.

Kort voor lank is W ‘n ware professionele hiermee! Die volgende speletjie (na lekker balspeel buite) is moeilik. Hy sien vinnig die woord, die woord word omgedraai en hy moet die woord lees. En sowaar, W kom reg! Hy haak nie vas met een van sy leesles se woorde nie.

Dieselfde week laat W se mamma weet : Ek kan al klaar ‘n verskil sien!

Dalk het jy ‘n outjie in jou klas wat ook hiermee sukkel. Ek hoop die idees help dalk vir julle ook!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: