Gooi water in ‘n skottel of bak. Laat proppies in die bak dryf. Verskillende kleure koeldrank doppies/proppies werk heerlik!
Gebruik nou ‘n vlieëplak (maak seker dis ‘n nuwe skoon een) of groot opskeplepel en skep die proppies uit.
Julle kan selfs die aktiwiteit uitbrei :
- Skep eers 3 proppies uit en dan nog 3. Hoeveel het jy nou?
- Skep eers al die blou proppies uit, skep dan al die rooi proppies uit en heel laaste al die geel proppies.
- Probeer om 2 proppies op ‘n slag uit te skep. Tel nou elke keer 2 by soos wat jy die proppies uitskep.
- Gooi weer proppies terug in die water en tel by!
- Deel die proppies in 2 ewe groot hopies. Bly daar enige proppies oor?

Leave a Reply