My kind moet graad R herhaal. Wat nou?

Hierdie tyd van die jaar stroom die boodskappe in. Almal is min of meer dieselfde. My kind is nie skoolgereed nie, sy skool het aanbeveel hy moet graad R herhaal. My kind moet graad R herhaal, wat stel jy voor? Op hierdie trant is al die eposse. Ek kan sommer die moedeloosheid en self twyfel hoor deur die internet lyne.

Ek dink ons moet sommer wegspring met die heel belangrikste! Moenie jouself blameer nie. Jou kind se gereedheid vir skool kan nie vierkantig op jou skouers gepak word nie. Moet ook nie jou kind blameer nie!

Sommige maats het ‘n ekstra jaar nodig van speel. Die ekstra grasie voor hulle die formele skool wêreld kan aandurf. Geniet eerder die geskenk jaar om nog ‘n kleuter in jou huis te hê vir so bietjie langer.

Die probleem met die graad R onderrig wat té formeel is, is hierdie verwagting dat ons kinders op presies dieselfde dag en datum gereed moet wees vir formele onderrig. Niemand van ons verwag dat ons kinders presies gelyk moet leer loop, praat of die doek los nie … moet ook nie verwag dat hierdie stap met almal om jou vergelyk kan word nie.

ONTHOU ook dat ons maats wat graad R herhaal dit nie doen as gevolg van lui wees of nie saamwerk nie. Daar is sommer baie goed op pad na graad 1 wat met tyd self regkom. Boonop is dit ‘n wonderlike jaar om te herhaal!

Veral as die graad R klas en omgewing informeel is met genoeg tyd vir leer deur speel en eksperimenteer. Waar jou kind se vaardighede kan ontwikkel op pad na formele onderrig.

Wat kan jy doen? Moet asb nie die winkels invaar en al tant Koekie se aktiwiteitsboekies gaan koop nie! Gaan koop tou, wasgoedpennetjies, klei, ‘n bal, rygkrale, boontjiesakke en legkaarte. Leer moet pret wees. Leer moet sommer so terloops geskied.

Gaan geniet julle vakansie, los die spanning by die huis. Volgende jaar is die jaar wat boeta en sussa gaan blom!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: