Kersfees aktiwiteite

Daar is talle gesinne reg oor die wêreld wat graag Kersfees vier met ‘n versierde boom, geskenke en samesyn. Wat julle ook al oor hierdie feestyd doen, hier is pret idees om saam met jou kind tuis aan te pak.

Knip vooraf stroke papier in rooi en groen. Plak dit nou van lank na kort. Versien dit met blink lint en pom poms. Plak ‘n pragtige ster bo aan jou boom.

Al wat julle nodig het vir hierdie oulike idee is karton, knope en ‘n blink ster! Trek jou kind se hand af op papier en knip uit. Die handjie word nou onderstebo omskep in ‘n pragtige boompie versier met knope.

Gebruik kolwyntjie houertjies in hierdie oulike kersboom aktiwiteit. Vou hulle plat en plak hulle op ‘n stokkie. Versien met pom poms en ‘n sterretjie.

Bak nou sommer lekker kolwyntjies met die houertjies wat oorbly!

Hierdie is ‘n variasie op die idee wat hierbo genoem word.

Ons het vroeër ons hande gebruik om pragtige kersboompies te maak, nou kom die voete aan die beurt. Kyk nou net hoe oulik kans voete omskep word in ‘n prettige kersboom.

Roomysstokkies is nóg iets wat jy altyd in jou kas moet hou vir allerlei pret aktiwiteite. Plak die stokkies vas om driehoeke te vorm. Die maklikste is om die stokkies voor die aktiwiteit reeds te verf. Hierdie stokkie driehoeke kan dan versier word met ‘n ster aan die bo-punt.

Hierdie aktiwiteit is veral lekker vir ons kleinste maats. Trek met ‘n merker ‘n lyn oor die bladsy. Gebruik nou vinger afdrukke om liggies te maak al langs die lyn af.

Ek hoop jy is nou vol idees om allerlei pret aktiwiteite aan te pak. Die fotos van die idees hierbo is versamel van pinterest en nie my eie fotos nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: