Eerste skooldag

‘n Paar notas en opmerkings :

Die eerste dag van die nuwe jaar terug by die skool is vir enige ouer en onnie ‘n moeilike en snaakse dag.  Onder die huidige omstandighede is dit NOG moeiliker.  Ons gee graag raad vir hierdie eerste dag.

Fokus op die kind (en nie die ouer nie) met aankoms.  Groet meneer of mevrou vriendelik en skuif dan jou aandag na die kind.  Dis immer die fokus van jou klas en lang geselsies met ouers is nie gepas vir die oggend voor skool nie, veral nie op dag 1 nie!
Maak tyd in die komende 2 weke om elke ouer in jou klas te ontmoet.  Maak informele afsprake, hou by die Covid reëls en neem ouers in ag wat dalk eerder nie persoonlik wil kom groet nie.  ‘n Vinnige telefoonoproep vanaf die kantoor telefoon  is ‘n wonderlike manier om elke ouer gerus te stel.Oppas vir fotos oorhaastig deel. 
Almal is opgewonde oor dag 1, maar deel fotos oordeelkundig.  Sommige skole laat glad nie fotos toe nie en sommige ouers ook nie.  Maak doodseker van jou skool se beleid hieroor.
Oppas vir daai whatsapp groep.  Weereens mag jou skool dalk ‘n beleid hieroor in plek hê, gaan maak doodseker by jou direkte hoof.  Indien jy ‘n whatsapp groep het stel die verstellings dat slegs die admin daarop kan plaas.  Indien ouers wel mag plasings deel is dit wys om sommer van die begin af streng te wees.  Onnodige geklets en advertensies gaan die res van jou ouers frustreer.
Op GEEN stadium mag jou whatsapp groep ander onderwysers, huiswerk of die skool bespreek of in enige negatiewe lig plaas nie!
Hê ‘n sinvolle aktiwiteit gereed vir die kinders in jou klas.  Ons het gevind iets soos ‘n bolletjie klei en ‘n klein gelamineerde klei mat met oulike prent op by elke tafel is ideaal.  Die kinders in jou klas weet nog nie hoe die blokhoekie ens werk nie, en dit mag dalk lei tot chaos.  Klei is boonop terapeuties!Laat elke kind welkom voel. 
Hou naamkaartjies gereed vir almal!  Onthou om kinders op die naam te noem wat hulle ouers gekies het.  ‘n Goedbedoelde bynaam kan groot verleentheid later veroorsaak.
– Weerhou daarvan om sommer op dag 1 minuut 1 uit te wys dat Pieter se ouer boetie Frans jou gunsteling kind was in graad R 10 jaar gelede.  Of dat jy hoop dat Sarie nie so stout soos haar niggie Sophie gaan wees nie.  Ons etiketeer nie kinders OOIT nie, maar veral nie so vroeg in die jaar nie.  Elke kind verdien ‘n regverdige kans.
Moenie te veel beplan vir die eerste week nie. Veral ons nuwe juffrouens storm ongelooflik opgewonde die klas binne en beplan met geesdrif ‘n kritles vir elke groep aktiwiteit.  Hulle is dan mismoedig na die eerste paar dae.  Beplan ‘n week van mekaar leer ken en die kinders se name leer.  Fokus op hoe die skool werk, waar alles is en wat die reëls is.  Ons eerste tema is immers EK IN DIE SKOOL.
-Hou baie besig bly aktiwiteite gereed.  Inkleur, waterverf, blokke, poppe, knip, klei ens.  In hierdie week gaan jou departementshoof of graadhoof dalk gereeld inloer met vrae.  Maak seker jou kinders breek nie jou klas af nie!

Geniet die eerste dag terug! 

En stuur asb vir ons fotos van die slim planne wat jy gemaak het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: