Ons is sommer baie opgewonde oor ons reeks werkswinkels van 2021.
Werkswinkel 1 kan fisies op 20 Maart bygewoon word in Pretoria (Kilner Park in die Moot, maklik bereikbaar vanaf die snelweg).
Jy kan ook op die dag inskakel via zoom OF enige tyd na die dag die videos aanlyn kry.
Ons onderwerpe vir die oggend : Jou tema aanbieding (ons gaan ‘n hele paar voorbeeld temas aanbied!), roetine periodes sonder trane en storietyd is soveel meer as net boek lees.
Koste : R310/persoon
Dit sluit in : Bywoning en aanlyn toegang, sertifikaat, broodjie en koffie/tee (slegs fisiese bywoning). ‘n Handige boekie met raad vir jou roetine periode sowel as 3 uitgewerkte temas vir jou klas.Bespreek sommer nou jou plek hier :

Leave a Reply