Die weer

In die begin van die dag – deel van die aanvang van die dagprogram – kyk ons na die weer. Dit is ook die tyd van die dag wat ons leer van die dag van die week en die maand van die jaar. Seisoene kom ook na vore en word aangespreek.

Hier is ‘n pret eksperiment om deel van jou weer aanbieding te maak. Doen die eksperiment ‘n hele week lank.

Maak so 3 glase vol water en merk hulle met permanente merke waar die waterlyn is. Sit die een glas in die vensterbank wat altyd son kry, een glas wat net gedeeltelik son kry en een glas in die koelte. Maak ‘n plan dat die glase nie omgestamp gaan word nie! (Lekker uitdaging vir jou!)

Die klas loer nou elke oggend in die weer tyd hoe die water gesak het en trek nuwe lyne. Sit die glas terug op die oorspronklike plek elke dag na die weer. Aan die einde van die week gaan ons kyk watter glas die meeste gesak het en ons gaan almal help dink hoekom!

Hierdie is ‘n wonderlike manier om van verdamping te leer en dat dit die son en hitte is wat verdamping veroorsaak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: