Wat kan ons alles lees?

Daar is min dinge wat taal so kan laat blom as lees. Dis goeie raad om tweede taal sprekers in jou klas baie bloot te stel aan die taal waarin hulle noodgedwonge moet leer. Die goeie nuus is dat taal (geskryf en gepraat) is om ons. Dis orals te sien, nie nét in boeke nie.

Ons het ‘n lys met interessante voorstelle gemaak waar ons orals kan lees. Hou in gedagte dat die kleuter meeste hiervan nie self kan baasraak nie en dat die opvoeder of ouer se insette die deurslag gee. Hierdie lys is egter geldig vir ons ouer maats ook.

Ons hoor graag jou idees om ons lys uit te brei in die kommentaar.

  • Boeke
  • Tydskrifte
  • Pamflette
  • Advertensie boekies
  • Verpakking bv. ontbyt pap bokse (ander blikkies kos ens)
  • Aanwysings (pad aanwysings)
  • Instruksie boekie (hoe om iets te gebruik of op te stel)
  • Straatname
  • Padkaarte
  • Advertensie borde langs die pad (oppas maar vir die volwasse winkels wat so sonder skaamte adverteer!)
  • Kaartjies (verjaarsdagkaartjies ens.)
  • Etikette in klere
  • Winkels se name
  • Die strokie wat die winkel gee na aankope gemaak is (kwitansie of “slippy”)
  • Aanwysings in winkel sentrums
  • Bekende tekens wat gevare aandui en inligting gee bv die hysbak, toilet ens.
  • Padtekens
  • Natuur aanwysingsbordjies (bv dui bome se name ens aan.)
  • Monumente/besienswaardighede/museums
  • Strokiesprente
  • Gedigte

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: