Wat moet my kind aan die einde van graad pre-R weet?

Om hierdie vraag te kan antwoord, gaan ons eers kyk na die ouderdomme wat die Suid-Afrikaanse kurrikulum voorstel. In SA gebruik ons die NCF from birth to four years (dis hier waar die ELDAS in voorkom). Kliek hier vir die skakel na die dokument. Hierdie dokument is opgedeel op die volgende manier : Elke afdeling (of uitkoms) begin by babas en vorder dan tot by “op pad na Graad R”. Daar is dus nie defnitiewe ouderdomme nie, die kind word as individu gesien wat teen hulle eie pas en tempo ontwikkel. Daar is wel riglyne ten opsigte van ouderdom, maar deurentyd word op die kind se ontwikkeling gefokus en nie op die spesifieke ouderdom nie.

Dit maak natuurlik sin aangesien ons maats van hierdie ouderdom in 3 maande baie kan ontwikkel! ‘n Kind kan bv beweeg van net self regop staan tot loop. Sjoe! Groot vordering. Dis dus duidelik dat ons nie hierdie outjies in rigiede jaargroepe kan opdeel nie.

Ek wil jou dus aanmoedig om jou kind as ‘n holistiese mens waar te neem en nie hoofsaaklik op uitkomste of vordering te fokus nie. Ons kinders is dikwels voor in een afdeling (bv. Sara is ‘n regte gladdebek wat op 3 jaar oud al vol sinne praat, maar sy loop nog wankelrig en stel nie juis belang in klim en klouter nie) en dan weer effens agter in die ander. Daarom word ons kinders ‘n tydperk gegee (geboorte tot net voor graad R) om verskeie vaardighede te bemeester alvorens ons met graad R begin.

CAPS (ons het dit in hierdie artikel bespreek) begin by die ouderdom 5.

Ons moet waak teen skole wat enigsins papierwerk aanwend in hierdie ouderdom vir die bemeester van vaardighede. Alle vaardighede moet deur beweging, spel en informele leer geleenthede vasgelê word sodat ons die papierwerk kan inspan (later eers!) om seker te maak die kind kan die vaardigheid wat konkreet geleer is toepas.

Hier volg dan ‘n breë opsomming wat van jou 4 jarige verwag kan word aan die einde van die jaar voor jou kind graad R betree.

Bevordering van algemene welstand 
Doelstelling 1 : Kinders is goed gevoedJong kinders weet Van voedselgroepe en dat dit belangrik is om voedsel te eet om hulle te help om sterk groei.Waar kos vandaan kom en die produksie proses
Doelstelling 2 :Kinders is gesond en het ’n gevoel vir goeie higiëneKinders het steeds prosesse nodig wat hulle as babas en peuters begin het en verstaan al hoe meer hoe siektes oorgedra word  simptome van siekte en besering wanneer om hulp by volwassenes te soek
Doelstelling 3 : Kinders bou ’n gevoel van veiligheid en geborgenheid (omgewingsgesondheid)Kinders gaan voort met die behoeftes en aktiwiteite uit die vorige stadium en is in toenemende mate in staat om Ÿ gevare in die omgewing te identifiseer en aan te meld  selfversekerd te voel om gevaar aan te meld hulle persoonlike besonderhede te gee – naam, ouderdom, adres, kontaknommer vir mense wat hulle ken
Doelstelling 4 : Kinders is fisies sterk en toon vermoëns en belangstelling in fisiese aktiwiteiteKinders gaan voort met die behoeftes en aktiwiteite uit die vorige stadium en is in toenemende mate in staat om op komplekse en selfversekerde maniere te beweeg reëls uit te dink om speletjies te speel hulle vaardighede met groot en klein spiere (groot en fyn motoriese vaardighede) en waarnemingsontwikkeling te gebruik
Doelstelling 5 : Kinders bou ’n gevoel van aanpasbaarheid (om sterk te wees en weerstand te bied teen daaglikse spanning)Kinders gaan voort met die behoeftes en aktiwiteite uit die vorige stadium en leer in toenemende mate dat reëls daar is en gehoorsaam moet word vir veiligheid en om saam te werk om hulleself te kalmeer om gevoelens te herken en in woorde om te sit om alternatiewe maniere te vind om probleme op te los om veilig en selfversekerd ondersoek in te stel om bereid te wees om meer inisiatief te neem om hulself te vertrou
Identiteit en samehorigheid 
Doelstelling 1. Kinders is bewus van hulself as bevoegde en selfversekerde leerdersNa graad R Kinders gaan voort met die behoeftes en aktiwiteite uit die vorige stadium en reageer op ervarings en openbaar verskillende gevoelens in verskillende situasies word bewus van hulle eie beskouings, gevoelens en begin om sensitiwiteit vir ander se behoeftes, beskouings en gevoelens te toon. ontwikkel respek vir hulle eie kultuur en dié van ander deur ondersteuning
Doelstelling 2 : Kinders het ’n sterk selfsorggevoelKinders gaan voort met die behoeftes en aktiwiteite uit die vorige stadium en funksioneer onafhanklik en toon meer selfvertroue wanneer ondersteuning en hulp gevra word wanneer nodig trek onafhanklik aan en uit en behartig persoonlike higiëne kies en gebruik self aktiwiteite en hulpbronne
Doelstelling 3 :  Kinders bou sterk verhoudingsKinders gaan voort met die behoeftes en aktiwiteite uit die vorige stadium en vorm verhoudings met volwassenes en portuurs werk saam met ander, neem beurte en deel volg eenvoudige reëls om met ander saam te werk begin ’n gedragskode vir spesifieke situasies verstaan
Doelstelling 4 :  Kinders het ’n gevoel van groepidentiteit en ’n gevoel om verskille te vierKinders gaan voort met die behoeftes en aktiwiteite van die vorige stadium en : verbind met verskillende aspekte van hulle lewenservarings (byvoorbeeld, huis, sentrum, geloof) is gemaklik met wie hulle is verstaan dat verskille bestaan en dat dit gerespekteer moet word
Kommunikasie 
Doelstelling 1 :  Kinders luister na klanke en spraak verhoudingsJong kinders hou aan om met konsentrasie na stories te luister na ritmiese patrone te luister en dit te herhaal na eenvoudige woordvolgorde te luister en dit in volgorde te herroep, byvoorbeeld, bal, byl, bul ingewikkelde instruksies uit te voer na ander te luister, aan gesprekke deel te neem en vrae te vra woorde in polisillabiese lettergrepe op te breek, byvoorbeeld, “Boipatong”, “Khayalitsha” mondelinge sinne in individuele woorde op te breek, byvoorbeeld, Ek kan die kar sien wat in die straat ry. eerste klinkers en konsonante van gesproke woorde te herken
Doelstelling 2 : Kinders praat deur verskillende style van kommunikasie te gebruikJong kinders hou aan om belang te stel om rymwoorde te vind in wat hulle en ander sê, sowel as in rympies en liedjies, byvoorbeeld, daar spring die kat in die bad die verlede, teenwoordige en toekomende tyd te gebruik elke dag baie nuwe woorde te leer
Doelstelling 3 : Kinders maak betekenis deur te “lees” wat hulle sien, hoor, voel, proe en aanraak.Kinders hou aan om ’n stel prentjies op so ‘n wyse te rangskik dat dit ’n storie vorm prentjies te vertolk, byvoorbeeld, maak eie storie en “lees” die prentjies die boek met die regte kant na bo te hou en blaai korrek om om kamma te lees en gebruik ’n “leesstem” eie geskrewe naam en ander se name te herken Herken baie algemene woorde wat in die omgewing gesien word, byvoorbeeld, deur, kas.
Doelstelling 4 :  Kinders dokumenteer hulle ervarings en idees deur taal, klanke, kuns, drama en spel, en later,”skrif”.Jong kinders hou aan om kleinspiervaardighede deur vingerspel te ontwikkel (byvoorbeeld, speeldeeg, om moere op boute vas te draai) fyn motoriese beheer te ontwikkel deur ’n skêr te gebruik om dik omlynde prentjies, vorms ens. uit te knip ontwikkel oog-hand koördinasie deur, byvoorbeeld, vang en gooi, teken en skilder trek eenvoudige buitelyne van prente, patrone en letters in eie naam na vorm letters met vingerverf, verfkwaste, dik waskryte ens. kopieer patrone, woorde en letters in die omgewing met ’n verskeidenheid skrifinstrumente (byvoorbeeld, verfkwaste, dik waskryte)
Verken wiskunde 
Doelstelling 1 : Kinders toon bewustheid van en reageer op nommers en telleryKinders hou aan om tasbare voorwerpe te tel vingers, merke op papier en prentjies te gebruik om nommers voor te stel eenvoudige skattings te doen ooreenkomste en verskille te vind sommige nommers en nommertaal te herken rympies en liedjies oor nommers te sing
Doelstelling 2 : Kinders sorteer, klassifiseer, tref vergelykings en los probleme opKinders hou aan om te sorteer, klassifiseer en vergelykings te tref wiskundige taal te gebruik verbonde aan sortering, klassifisering en kategorisering eenvoudige probleme oor onmiddellike ervarings op te los
Doelstelling 3 : Kinders verken vorm, ruimte en metingKinders hou aan om eenvoudige patrone en vorms in hulle omgewing te identifiseer verskillende patrone en vorms te skep posisies te beskryf, byvoorbeeld voor, agter gebruik wiskundige taal vir vorm, ruimte en mates (byvoorbeeld lengte, kapasiteit, lengte, tyd)
Kreatiwiteit 
Doelstelling 1 : Kinders identifiseer, soek na en skep oplossings vir uitdagings deur probleemoplossingKinders gaan voort om probleme en uitdagings te identifiseer, dit uit te wys, daaroor te praat en maniere te vind om dit op te los vrae te stel, insluitend Wat? Hoekom? Wanneer? Hoe? Wie? Wat as? probleemoplossingspeletjies te geniet, soos om verskillende maniere te vind om van plek tot plek te beweeg, ’n boom te teken, meer oor die wêreld uit te vind raaisels, ‘Raai wat is dit?’- en ‘Ek sien met my kleine ogie’- speletjies te geniet
Doelstelling 2 : Kinders identifiseer, soek vir en skep oplossings vir uitdagings deur middel van speel en kammaspelKinders gaan voort om komplekse oplossings vir probleme te ontwikkel wat hulle in hul omgewing sien, byvoorbeeld ’n skuiling met beskikbare materiaal, bou van ’n dam en brug dieselfde speletjie te speel en dieselfde projek oor ’n aantal dae te konstrueer as lede van ’n span saam te werk met leiers en helpers en verskillende rolle vir elke kind.
Doelstelling 3 : Kinders identifiseer, soek vir en skep oplossings vir uitdagings deur visuele kunsaktiwiteiteKinders begin om geronde mensfigure en diere en plante te teken teken gereeld ’n grondlyn en ’n luglyn modelleer figure en vorms met klei vertel stories oor hul werk
Doelstelling 4 : Kinders identifiseer, soek vir en skep oplossings vir uitdagings deur middel van musiek, dans en dramaKinders gaan voort soos hierbo en om in ’n slagorkes (dromme, skudders, driehoeke) saam met musiek van die radio of singery te speel liedjies en rympies en melodieë op te maak stories uit te dink om op te voer danspassies en bewegings uit te dink om diere en plante en voorwerpe in stories uit te beeld
Kennis en begrip van die wêreld 
Doelstelling 1 : Kinders verken en ondersoek hul wêreldKinders hou aan om te verken, ondersoek in te stel en oor voorwerpe en materiaal te praat deur hul sintuie te gebruik vrae te stel oor hoekom dinge gebeur en hoe dit werk
Doelstelling 2 : Kinders verken ontwerp, maak items en gebruik tegnologieKinders gaan voort om dinge te bou en konstrueer deur gereedskap en tegnieke te gebruik eenvoudige toerusting te hanteer
Doelstelling 3 : Kinders verken en ondersoek tyd en plekNa graad R Begin om verlede en hede te onderskei deur die gebruik van woorde soos toe ek klein was… Is meer nuuskierig om uit te vind oor die kenmerke van die plek waar hulle woon en hul natuurlike wêreld. Beskryf hul persoonlike ervarings met vertroue. Toon belangstelling in ander mense – gesinslede, vriende. Vind meer uit oor tegnologie en identifiseer die gebruik daarvan – rekenaars, elektroniese speelgoed, selfone ens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: