Voorgrond agtergrond onderskeiding

Eloise van Newcastle vra :

Goeie dag hoop dit gaan goed.

Ek het jul werkswinkel in NN bygewoon.  Graag wou ek hoor, jy het op n stadium iets verduidelik met n hoepel.  Dit kom daarop neer dat n kind leer om binne sy omgewing te kyk of kleiner te kyk as ek reg verduidelik.
Bv. Famke sukkel om iets te soek of raak te sien.  Ek sal vir haar bv se bring die boek op die tafel, dan is dit eers tien keer se waar waar voordat sy die boek sal raak sien.
Die oefening wat jy verduidelik het help met dit maar ek kan nie alles korrek onthou nie en ek sien dit nie in my notas nie.  Is dit moontlik om asb vir my die oefening deur te stuur?
Groete
Gelukkig het ons raad vir Eloise!
Dankie vir jou vraag.
Daar was nie ‘n foto van die voorstel/raad in die werkswinkel nie.  Maar kom ek sê gou vir jou sommer.
As ‘n kind sukkel met voorgrond agtergrond onderskeiding (soos jy in jou vraag noem) dan help ‘n hoepel.  Tipies sukkel die kind om die rooi hemp (bv) op die grond te sien lê.  Dis asof hulle ogies nie die hemp kan onderskei wat op die agtergrond lê nie.  Naderhand tol die kind al in die rondte en hoe harder hulle soek hoe minder sien hulle raak.
My voorstel is dan om die kind se soektog te fokus.  Plaas bv ‘n hoepel oor die item wat opgeruim of opgetel moet word.  Nou kan die kind sy/haar ogies dadelik fokus en net die area binne die hoepel soek.
Namate die ogies meer oefen kan die soekarea al hoe groter gemaak word.  Bv soek op die mat.  Totdat die ogies geoefen is en die voorgrond van die agtergrond kan onderskei.
Ek hoop dit help  🙂

Leave a Reply