Sophie Breytenbach het geen bekendstelling nodig nie! Saam met Yolandi word hierdie wonderlike opleidingsgeleentheid moontlik gemaak.

Skole waar Sophie se buite terreine gesien kan word is onder andere die Midstream pre-primêre skole sowel as St Andrews Preschool. (Fotos geneem by die Midstream pre-primêre skool.)

Opsie 1 :

Vooraf opgeneemde video opleiding aangebied op www.leer.oasisclub.co.za3 ure opleidingafmerklys om jou eie buite terrein aan te meet (uitdrukbaar en nie aflaaibaar nie)Onderwerpe : Hoe lyk ‘n suksesvolle buite terrein? Wat is die doel van die buite terrein? Wat sê die regulasies? Hoe hanteer ek beperkte spasie? Die belangrikheid van gerigte buitespel. Die rol van die onderwyseres en assistent tydens buitespel.Ontvang ‘n sertifikaat van deelnameKoste : R290/deelnemer

NB! Die video gaan eers op 15 Maart 2021 beskikbaar wees !!

Opsie 2 :

Hierdie opsie sluit opsie 1 in.Ingesluit is ‘n 2 ure zoom konsultasie (individueel) met Sophie waar jou skool se terrein bespreek word. Vooraf ontvang die deelnemer ‘n lys om af te merk wat die behoeftes van die skool is en wat daar reeds op die terrein is. Die deelnemer moet dan ‘n 5 tot 10 minute video (met ‘n selfoon afgeneem is doodreg) opneem van die buite terrein. Hierdie video moet geen klank hê nie. Nóg ‘n video word geneem waar die deelnemer in die agtergrond verduidelik waar die moeilike areas is. Ons ontvang ook ‘n rowwe afmeting van die grootte van die buite terrein area (geen planne word benodig nie).Na ontvangs hiervan sal ‘n datum gekies word waar die een tot een konsultasie plaasvind. Hierdie konsultasie video word opgeneem en sal slegs vir die deelnemer se oë privaat beskikbaar wees op ons aanlyn portaal om weer na te verwys of om te gebruik in opleiding vir die personeel.Na afloop van die konsultasie word ‘n opsommende dokument aan die skool verskaf met riglyne en aanbevelings.Koste : R3850/skool

Bespreek jou plek hier

Sê jou sê hier