Ons maats leer nog lank nie wat die = teken beteken nie. Maar met volgehoue, informele blootstelling hieraan is dit glad nie so ‘n vreemde teken teen die tyd wat dit wel begin gebruik word nie.

In hierdie leerstasie het ons ‘n syferkaart in die een bakkie gesit. Die = teken is in die middel. Die laaste bakkie is leeg. Nou moet die kind tellers uittel om dieselfde te wees as die syferkaart in die eerste bakkie. Die opvoeder kies nou ‘n nuwe syferkaart en die tellers moet aangepas word.

Hierdie leerstasie kan in ‘n kleiner groepie in jou klas aangebied word as ‘n wiskunde aktiwiteit, of kan een tot een by die huis aangebied word.

Ons assesseer getalbegrip en of die kind die verband tussen die syferkaart en die tellers wat uitgetel word kan raaksien.

Sê jou sê hier