Ons het ons leertjie gebruik wat in ons slangetjie en leertjie lap aktiwiteit voorkom. Ons klein maats verstaan dikwels die leer makliker en vinniger as ‘n getallyn. In elke gaatjie van die leer kom ‘n opeenvolgende syferkaart. Aan die kant van die leertjie is leë papierborde. Die kind pak nou tellers in die papierborde om die syfers aan te dui.

Tel saam met die kind die prentjies op elke getalkaart. Tel nou ook saam die tellers uit. Is dit nou dieselfde?

Sê jou sê hier