Hierdie pakket is ‘n MOET hê vir elke 4 tot 6 jarige kind in die land, dalk selfs in die wêreld! In 100 aktiwiteite (almal uitgedink deur gekwalifiseerde onderwyseresse) begelei ons jou en jou kind op julle pad na skoolgereedheid.

Die fokus van hierdie pakket is op taal en wiskunde, tesame daarmee word aan perseptuele ontwikkeling aandag gegee. Hierdie pakket fokus nie op groot motoriese uitkomste nie.

Wat is die voordele verbonde aan die pakket?

Dis so saam saamgestel dat mamma/ouma dit maklik saam met die kind kan doen.Die apparaat word herhaaldelik gebruik op verskillende maniereOns fokus nie op mini-projekkies soos ander pakkette nie, die gebruik van die pakket raak dus nie klaar as al die projekkies of werkies gedoen is nie.Hierdie pakket kan maklik na-skool ingespan word as verrykende werk, maar is volledig genoeg om saam met ‘n tuisprogram ingespan te word ook.

Hierdie pakket sluit die volgende in :

klei (2 kleure balletjies)kleur patrone (5 patroon kaarte)klein felt sirkels (10 sirkels om jou eie patrone mee te kan bou)vorms (5 vorms uit lap)felt vorms (15 klein vorms uit felt gesny)woorde om mee te speel (10 sigwoorde wat lukraak gekies word)weerkaart prentjies, dae van die week en maande van die jaarryg aktiwiteit (1 veter/plastiese veter en 10 ryg tellers) ONTHOU hierdie ryg tellers word nie net vir ryg gebruik nie, maar is ook tellers.alfabetkaarte (a – z met prentjies mini kaartjies om op julle tafel te kan pas)alfabetkaarte (a – z sonder prente) SLEGS EEN VAN ELKE LETTER. syferkaarte (1 – 20 met prente, mini kaartjies om op julle tafel te kan pas)syferkaarte (1 – 10 net syfers)roomysstokkies (20 stokkies)tellers (20 klein tellers)wasgoedpennetjies (10 bont pennetjies)blokkies (10 verskeidenheid blokkies van plasties of hout. Hulle kan stapel en kan ook as tellers ingespan word.)dobbelsteenjou eie kind se naam (gelamineer)boekie met 100 aktiwiteiteaktiwiteite boekie vir die kind

Wonder jy hoe jou boks binne gaan lyk? :

Kyk die video hier

Die aktiwiteite wat uiteengesit word dek ‘n groot gedeelte van die 4 tot 6 jaar CAPS kurrikulum en kan met groot sukses deur die onderwyseres ingespan word in haar klas. 

Jou boks se inhoud mag hier en daar varieer van die video na gelang van beskikbaarheid. (Die hoeveelhede sal egter ooreenstem met die video hierbo.)

Hier is ‘n paar fotos uit die boks :

Aktiwiteite wat ons met die boks gedoen het :

Kostes :

Hierdie hele pakket is beskikbaar teen R590/boks afgelewer by jou huis.

Wil jy graag direk EFT?

Stuur jou bewys van betaling na admin@oasisclub.co.za ONTHOU om jou naam van, straatadres en kind se naam ook deur te stuur.

Kliek hier om jou boks aanlyn te bestel en betaal!

EFT of kaart betalings

Die fynskrif :

Verpakking neem 5 tot 10 werksdae (onthou ons maak vir jou kind sy/haar eie naam mooi versier en gelamineer!)Ons koerier met The Courier Guy (indien nie moontlik met PAXI op Postnet)

Sê jou sê hier