Kies boeke met duidelike prente.Stories moet hoofsaaklik bekende woorde bevat met ‘n paar nuwe woorde.  As die nuwe woorde té veel raak kan die draad van die storie verlore raak.  Nuwe woorde is egter ook geskik om taal en woordeskat uit te brei.Die boek moenie te lank wees nie.  Kies boeke oor onderwerpe waarin die kinders gaan belangstel.Vermy té abstrakte onderwerpe.  Bv.  die onderwerp “belangrikheid van vriendskap” is baie abstrak teenoor “bollie beer maak ‘n nuwe maatjie”.

Watter wenke en raad kan jy byvoeg? Los jou kommentaar hier onder.

Sê jou sê hier