Hierdie aktiwiteit was groot pret! Ons het 2 stelle klein skoppies gekoop. (Die speeltipe wat klein en gemaklik vir ons kinders is.) Twee maats (of ‘n maatjie en mamma) sit oorkant mekaar by ‘n tafel. Stoot nou met die linkerskoppie die bal vorentoe, die ander kant moet met die linkerskoppie terugstoot. Stoot nou met die regterskoppie.

Ons oefen hier ons hand-oog koördinasie, lateraliteit en bal vaardighede. Boonop is dit ongelooflike pret!! Ons hoop julle gaan sommer binnerkort julle skoppies vir meer inspan as net blare opvee.

Sê jou sê hier