Gebruik leë langlewe melk houers vir hierdie oulike stuk apparaat. Was die boksies mooi skoon en gooi bietjie sand onder in. Die sand anker die boksie teen die wind. Verf nou en skryf lekker groot syfers voorop. Plak plakkers (of teken kolle) aan die agterkant om dieselfde syfer aan te dui as wat voorop die boksie staan.

Pak nou die boksies teen die muur. Gee vir jou kind syferkaarte. Hy/sy kry kans om die syferkaarte te gaan pas by die regte bokse.

Ons kan ook ‘n bal of boontjiesak inspan. Rol die dobbelsteen. Tel die kolle op die dobbelsteen en gooi nou die boksie met die syfer soortgelyk aan die dobbelsteen om.

Ons groot spiere werk, ons leer van syfers en ons oefen ons visuele vaardighede. Boonop is dit vet pret!

Sê jou sê hier