Ek is so opgewonde vandag ek kan myself skaars inhou. Ons Kleuter Kliek Koerant is nou beskikbaar.

Wat is dit?

Hierdie koerant is aanlyn beskikbaar en jy kan jou kopie elke week uitdruk. Jy het boonop vir 6 maande toegang tot jou uitgawes as jy dalk een mis.

Boonop kry jy vir 3 maande toegang tot ons Whatsapp groep waar ons elke oggend 1 oulike idee via whatsapp vir jou stuur.

Hier is ons eerste GRATIS uitgawe sodat jy kan weet wat op jou wag :

Wat kos dit?

R190 koop vir jou 10 weke se uitgawes van die koerant (1 per week!) sowel as 3 maande se toegang tot die whatsapp idees.

Wat is in die uitgawes?

Hierdie koerant fokus op opleiding, idees en raad vir voorskoolse maats. Ideaal vir onnies en ouers.

Sommige uitgawes is tema gerig, ander uitgawes behels leerstasie idees en opleiding en agtergrond inligting.

Wie skryf dit?

Hierdie uitgawes word deur Yolandi (Graad R sonder werkskaarte) en Sophie Breytenbach geskryf.

Skryf hier in :

https://oasiswinkel.co.za/Kleuter-Kliek-Koerant-p234770752

Sê jou sê hier