Bou ‘n mannetjie met stokkies

Teken hierdie oulike mannetjies op stukkies papier.  Elke maatjie kry ‘n mannetjie.  Probeer nou staan soos die mannetjie op die papier staan.  Kyk mooi watter hand en watter voet werk saam in die prentjie (onthou dis baie belangrik vir lateraliteit).  Is die kop aan die onder kant?  Of is die kop aan die bokant?  Ja!  Ons koppe is bo.

As almal lekker pret gehad het en hulle lyfies ingespan het (wat natuurlik wonderlik is vir liggaamlike bewustheid) gaan ons die mannetjies bou met vuurhoutjies of gekleurde hout stokkies.  Gee sommer ‘n koeldrankbottel proppie vir die kop.

Maak voor die tyd seker dat jy jou mannetjies teken op maniere wat dit moontlik maak vir die kinders om so te beweeg.  Dit moenie maklik gemaak word nie!  ‘n Lekker uitdaging is nét wat die wriemel wurms in ons klas nodig het.

2 thoughts on “Bou ‘n mannetjie met stokkies

Leave a Reply