Ontmoet ons span

By Oasis Club (en Kleuter Kliek) is ons passievol oor onderrig! Almal wat saam met ons werk deel hierdie passie.

Yolandi van den Heever

Met ervaring en passie is sy die inspirasie en dryfveer agter Oasis Club. Met 3 kinders is onderrig iets wat elke dag in die huis gebeur.

Sy glo in onderrig deur konkrete belewing en is veral passievol oor die ontwikkeling wat tussen ouderdomme 4 en 7 plaasvind.

Sy is die besturende direkteur van die maatskappy en die aanbieder van verskeie seminare en werkswinkels. Hiervan is Graad R sonder werkskaarte seker díe bekendste. Sy is die skoolhoof by ‘n klein skoolgereedheid groep, Wakker Akkers, waar die leuse is : waar speel en leer hande vat. Sy skep inhoud en stap voor met uitdagings en die ondersteuning van ons personeel, onderwysers en ouers.


Douw Breytenbach

Hy is ons IT en stelsels man. Hy is ook die kantoor se koffie maker (DIE belangrikste werk in die Oasis kantoor!!!)

Enige iets admin, rekenaars, telefone en sagteware is sy probleem en elke kreatiewe juffrou in Oasis skree “DOUW!” as hulle sukkel.

Douw is ook die finansiële bestuurder en sorg dat almal betaal word en dat Yolandi nie al die geld uitgee op blokke en ander apparaat nie.


Anisje van Kaam – Oberholster

‘n Prokureur van formaat, in privaat praktyk. Sy en Yolandi het kragte saamgespan en die maatskappy North Konsulting is gebore.

Hier word regs-opvoedkundige advies gegee en kan skole en ouers teen bekostigbare tariewe met raad en daad bygestaan word.


Sophie Breytenbach (ouma Soph)

Daar is min mense wat soveel ervaring het in klein kinder onderrig. Skrywer van die “Handleiding vir vroeë kinder ontwikkeling sentrums” en ouma van 12 klein kinders, is hierdie ouma op 77 jaar oud steeds op haar knieë tussen die kleuters.

Ouma Soph maak seker dat die teorie van alles wat ons aanpak stewig in die waarheid van perseptuele ontwikkeling geanker is.


Juffrou Bea du Preez

Ons inhuis grondslagfase juffrou. Haar liefde vir haar vak en vir die kinders is duidelik te sien uit haar lesse en kreatiewe leerstasies.

Ons bokse projek is grotendeels haar kreatiwiteit en ons sien uit na elke nuwe idee wat sy na die tafel bring!


Juffrou Janica

Doer ver in die bosveld woon juffrou Janica. Sy is ons remidiërende spesialis en help ons om ons inhoud só te wysig dat ons maats met unieke behoeftes dit makliker kan verstaan.

Passievolle juffrou wat haar opgewondenheid oor kinders uitleef in haar eie skooltjie “Pilarïus onderrig”.


Manese (Manus)

Hierdie jong man is ‘n aanwins in Oasis. Met ‘n nederige hart en gewillige hande staan hy vir geen werk terug nie. Vloer was, tafels aandra, hande saniteer (in Covid-19), bal gooi vir maatjies … niks is ooit te veel gevra nie.

Hierdie man ken elkeen van die maatjies in ons skooltjie se name en kom sê vinnig vir Juffrou Bea as dit lyk of daar ‘n hartseer gesiggie is.

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: