Vir hierdie aktiwiteit het ons baie oulike juffrou bruin maskeerband (daai dik bruin tape wat nooit loskom nie!) geplak tussen ‘n sambreel en lamppaal. (Kyk na die foto vir duidelikheid.)

Op die grond is ‘n strokie papier met ‘n kleur patroon op. Rooi, blou, rooi, blou ens. Die kind kry ‘n houer balle wat nou in die volgorde teen die strook plakband opgeplak moet word. Onthou om die kleur patroon te volg!!!Hierdie aktiwiteit fokus sommer op ‘n hele klomp goed :

patroon uitbreidingkleur herkenningvisuele geheueanalise en sintesie (nodig vir lees en skryf later)lateraliteit (ons begin links en beweeg oor ons midlyn na regs)

WOW! Wat ‘n heerlike aktiwiteit. Ek hoop julle gaan dit almal die week uittoets.

Sê jou sê hier