Sensoriese aktiwiteite behels eintlik alle aktiwiteite wat ‘n verskeidenheid van sintuie betrek. Die aktiwiteite waarvan ons vandag praat is spesifiek daardie aktiwiteite wat lekker morsig is! Dis nou die jellie, meel, water ens.

Dikwels pak ons hierdie aktiwiteite uit met té veel apparaat tot die kind se beskikking. Nou weet die arme kind nie waar hy/sy moet vat en waar hulle moet los nie. Die gevolg is kinders wat vinnig verveeld raak met aktiwiteit, die stimulasie is eenvoudig te erg.

Kies slegs ‘n paar stukkies apparaat om uit te pak saam met jou leerstasie. Roteer eerder die apparaat om meer gereeld splinternuwe kombinasies uit te pak. Jy gaan sommer sien dat die pret jou soveel langer duur!

Sê jou sê hier