Trek ‘n hoepel oor met kleefpastiek (NIE glad wrap nie, met DC Fix). Sê nou hardop vir die kind ‘n getal bv. 3. Die kind gooi nou 3 balle na die hoepel wat dan vaskleef. Sê nou nog ‘n getal bv. 2. Gooi nou nog 2 balle om vas te plak. Tel nou saam hoeveel balle daar is.

Dit is belangrik dat die kind aan elke bal vat soos dit getel word. Die een-tot-een assosiasie word so ingeoefen en vasgelê.

Wat leer ons ?

Groot motoriese ontwikkelingGooi met akkuraatheidGetalbegripOpeenvolgingBasiese bewerkingsLê begrip van een-tot-een assosiasie vas

Sê jou sê hier