Store

Boks vir 4 jariges (Graad RR)

SKU OP075
R490.00
In stock
1
Product Details

Om vir jou klas te bestel, kliek eerder hier

Hierdie pakket is 'n MOET hê vir elke 4 tot 5 jarige kind in die land,

dalk selfs in die wêreld! In 100 aktiwiteite (almal uitgedink deur

gekwalifiseerde onderwyseresse) begelei ons jou en jou kind op julle pad

na graad R.

Die fokus van hierdie pakket is op wiskunde, vorms en kleure - tesame daarmee word aan perseptuele ontwikkeling aandag gegee. Hierdie pakket fokus nie op groot motoriese uitkomste nie.

Wat is die voordele verbonde aan die pakket?

  • Dis so saam saamgestel dat mamma/ouma dit maklik saam met die kind kan doen.
  • Die apparaat word herhaaldelik gebruik op verskillende maniere
  • Ons fokus nie op mini-projekkies soos ander pakkette nie, die gebruik van die pakket raak dus nie klaar as al die projekkies of werkies gedoen is nie.
  • Hierdie pakket kan maklik na-skool ingespan word as verrykende werk, maar is volledig genoeg om saam met 'n tuisprogram ingespan te word ook.

Hierdie pakket sluit die volgende in :

  • klei
  • wasgoedpennetjies
  • groot knyptangetjie
  • pom poms
  • tellers
  • syfers *gelamineer*
  • kleur kaarte *gelamineer*
  • vorm kaarte *gelamineer*
  • groot lapvorms
  • sirkels vir patrone pak
  • klein vorms vir patrone pak
  • roomysstokkies
  • boekie met 100 aktiwiteite
Hierdie boks is in beide ENGELS en AFRIKAANS beskikbaar.

Die prys sluit aflewering in.

Save this product for later
%d bloggers like this: