Is jou kind steeds tuis? Wil julle graag met graad 1 werk begin solank?
Ons graad 1 boks is vir julle!
Ons fokus op taal en wiskunde. Ons bou sinne, leer letters vorm, leer van patrone, tel saam op, begin leer van groepies maak en aftrek! Dít alles op 'n konkrete manier wat die hele kind in gedagte hou en fokus op ontwikkeling wat 'n stewige fondasie bou.
Die boks het 100 uitgewerkte aktiwiteite in wat julle oor en oor kan inspan. Kry ook aanlyn toegang tot 'n werksboekie wat julle kan uitdruk (soveel keer as wat julle harte begeer!)