Store

Graad R in 'n boks

SKU OP070
R490.00
In stock
1
Product Details

Om vir jou klas te bestel, kliek eerder hier

Hierdie pakket is ‘n MOET hê vir elke 4 tot 6 jarige kind in die land, dalk selfs in die wêreld! In 100 aktiwiteite (almal uitgedink deur gekwalifiseerde onderwyseresse) begelei ons jou en jou kind op julle pad na skoolgereedheid.

Die fokus van hierdie pakket is op taal en wiskunde, tesame daarmee word aan perseptuele ontwikkeling aandag gegee. Hierdie pakket fokus nie op groot motoriese uitkomste nie.

Hierdie pakket sluit die volgende in :

  • klei
  • kleur patrone (5 patroon kaarte)
  • klein felt sirkels (10 sirkels om jou eie patrone mee te kan bou)
  • vorms (5 vorms uit lap)
  • felt vorms (15 klein vorms uit felt gesny)
  • woorde om mee te speel (10 sigwoorde wat lukraak gekies word)
  • weerkaart prentjies, dae van die week en maande van die jaar
  • ryg aktiwiteit (1 veter/plastiese veter en 10 ryg tellers) ONTHOU hierdie ryg tellers word nie net vir ryg gebruik nie, maar is ook tellers.
  • alfabetkaarte (a – z met prentjies mini kaartjies om op julle tafel te kan pas)
  • alfabetkaarte (a – z sonder prente) SLEGS EEN VAN ELKE LETTER.
  • syferkaarte (1 – 20 met prente, mini kaartjies om op julle tafel te kan pas)
  • syferkaarte (1 – 10 net syfers)
  • roomysstokkies (20 stokkies)
  • tellers (20 klein tellers)
  • wasgoedpennetjies (10 bont pennetjies)
  • blokkies (10 verskeidenheid blokkies van plasties of hout. Hulle kan stapel en kan ook as tellers ingespan word.)
  • dobbelsteen
  • jou eie kind se naam (gelamineer)
  • boekie met 100 aktiwiteite
  • uitkomste volgens CAPS vir 4 – 6 jariges (Graad pre-R en R)
  • werksboekie om tuis aan te pak saam jou kind

Ekstra alfabet letters en syfers is aanlyn beskikbaar om self meer te kan uitdruk indien julle dit sou benodig. Daar is ook ekstra sigwoorde en patroonkaarte aanlyn.

Boonop is daar ‘n lekker uitdrukbare diere legkaart aanlyn wat julle kan inspan terwyl julle leer.

Daar waar jy dalk ‘n kleur van ‘n pennetjie of stokkie kort kan dit sommer maklik by jou supermark aangevul word.

Vir 'n volledige artikel oor hierdie boks, wat ook aktiwiteite vir jou wys, kliek hier.

Hierdie video wys ook vir jou meer van die boks se inhoud:


Save this product for later
%d bloggers like this: