Store

Graad R sonder werkskaarte - 'n Reis deur jou daaglikse program

SKU 00046
R850.00
Vir R850 woon jy al 5 werkswinkels in die reeks by, op jou eie tyd!
In stock
1
Product Details

Ons wil jou uitnooi om ons splinternuwe REEKS werkswinkels by te woon.

Ons het altesaam 5 werkswinkels in die reeks.

1. Die tema en roetine periodes in my klas. Ons gee raad en idees, ons gaan 'n hele paar temas demonstreer en jy ontvang 'n nuttige handleiding wat die tema in konteks aanspreek. Boonop gee ons vir jou 'n handige afmerklys om seker te maak julle skool se toilette is in orde.

2. Kreatiewe aktiwiteite. Hoe bied ek dit aan? Hoe keer ek dat ons produkte maak? Ons gee hope idees en raad wat fokus op die belangrike deel van jou dag EN jy ontvang 'n handige boekie wat al die apparaat wat jy kan versamel en inspan lys.

3. Wiskunde vir wenners. Hope idees om wiskunde konkreet en kinesteties aan te bied. Ontvang 'n boekie vol leerstasie idees en wiskunde lesse.

4. Taal is nie net op papier nie. Konkrete en kinestetiese idees vir taal aanbieding. Hierdie boekie is vol idees vir taal aanbieding in jou klas of by die huis.

5. Ek leer as ek beweeg. Bewegingslesse! 'n Hele oggend vol demonstrasies met heerlike apparaat wat jy self kan maak of maklik kan bekom.

Alle werkswinkels sluit sertifikate in.

Die werkswinkels is vooraf opgeneem en word op ons portaal www.leer.oasisclub.co.za gekyk.



Save this product for later
%d bloggers like this: