Store

Hoofde kongres Oktober 2022

SKU 00083A
R990.00
In stock
1
Product Details

Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Op 22 & 29 Oktober 2022 kuier Yolandi (Graad R sonder werkskaarte), Sophie Breytenbach en Madel Roos (Oaktree Education) saam met ons skoolhoofde.

Ons onderwerpe sluit in :

  • Ouer betrokkenheid in die kleuterskool of VKO sentrum.
  • Kontrakte met personeel en ander verskaffers
  • Die bestuurstelsels wat jou sentrum se wiele gaan olie
  • Klasbesoek en assessering van jou personeel
  • Jou terrein
  • Aankope en die bestuur daarvan
  • Regulasies - 'n kort opsomming
  • Lesbeplanning - oppas vir die slaggate!

Die kongres begin om 08h00 en maak teen 16h00 klaar.

Die perseel is te Sherewood lodge, Pretoria (100 Cole Rd, Pretoria, 0001 - kliek hier vir padkaart).

Wat sluit die prys in?

  • Die hele dag se kongres
  • Handleiding gevul met nuttige informasie
  • Middagete,koffie en tee deurlopend
  • Pen en notaboek
  • Sertifikaat

Op hierdie dag sal ons 2023 kurrikulum teen afslag pryse beskikbaar wees sowel as hope apparaat! Bring jou hele begroting saam. Ons sal kaartfassiliteite hê op die dag.

Hoekom is daar twee datums?

Ons beperk die getalle tot 20 skoolhoofde per datum, sodat ons met elkeen van julle kan gesels en genoeg tyd kan gee vir elkeen se vrae.

Daar is egter baie belangstelling, daarom maak ons twee datums beskikbaar (maar die materiaal vir beide is identies).

Jy kan ook oorslaap as jy wil (kostes vir jou eie rekening). Die perseel bied bed en ontbyt teen R900.00 per persoon per nag, maar die kamers is beperk! Reël direk met die perseel se bestuur deur hier te kliek. Onthou om te noem dat jy die kongres bywoon.


Save this product for later
%d bloggers like this: