Store


Oasis Kurrikulum 2022 (2 – 4 jr.)

SKU OK081
R4 800.00
In stock
1
Product Details

Hierdie ouderdomme is die peuter en later kleuter op ‘n ontdekkingstog en die brein is ‘n spons soos nooit weer in ‘n mens se lewe nie.

Ons program ontwikkel hierdie denke eerder as om dit te onderdruk.Ons fokus op perseptueel motoriese ontwikkeling deur gebruik te maak van apparaat wat algemeen beskikbaar is in die sentrum.

Hierdie program bestaan uit min of meer 40 weke se inhoud.Hierdie inhoud loop saam met die datums soos verskaf deur die Departement van Basiese Onderwys en gepubliseer in die Staatskoerant.

Opgesom is die inhoud as volg :

  • Tema bespreking vir elke week
  • 3 stories wat by die tema van die week pas
  • Rympie vir die week
  • Tema woorde en prente (nie gelamineer nie)
  • Daaglikse wiskunde les, taal-les en lewensvaardigheidsles
  • Daaglikse kreatiewe ontwikkelingsles
  • Weeklikse deurlopende assessering in lyn met die assesseringsbeleid
  • 8 weke perseptuele ontwikkelingsprogram (2 weke per kwartaal)
  • Werksboekies wat ouderdom gepas is (en heeltemal opsioneel is) kan ekstra per kind aangekoop word.Ons program sorg dat kinders nie produkte maak in die sentrum nie en dus nie allerlei items skep om huis toe te neem nie.Daarom is die boekie ‘n alternatief.Dit neem min tyd in beslag, maar is steeds sinvol op die kind se vlak.
  • Slegs graad R :volledige letter pakket

Ekstra inhoud en uitdrukbare speletjies, muurkaarte en getalkaarte is op ‘n OneDrive vouer beskikbaar vir die skool om uit te druk en aan te wend soos nodig.

Wat is ingesluit by elke ouderdomsgroep ?

  • 4 rapporte per jaar
  • genoeg inhoud om die kinders ‘n goed afgeronde sinvolle jaar te laat voltooi
  • aktiwiteite wat konkreet aangebied word
  • ‘n brief om ouers te vertel van ons kurrikulum
  • ‘n brief wat aan die Departement gegee kan word wat handel oor ons kurrikulum
  • ‘n sertifikaat vir die skool wat bevestig dat die skool ons kurrikulum volg vir die jaar 2022
  • toegang tot ‘n verskeidenheid ekstra bronne via ‘n OneDrive vouer
  • toegang tot ‘n Whatsapp groep (per ouderdom) waar die skrywers elke week help met beplanning en opleiding
  • Wat is nog ingesluit by die prys?

    Vir een gebruiker in jou skool, gee ons gratis toegang tot · een jaar se materiaal te Kleinkinderonderrig.info ons aanlyn portaal waar jy alles kan vind wat nodig is vir ‘n suksesvolle kleuterskool (as jy reeds betaal het hiervoor, verleng ons jou toegang vir een jaar) · die aanlyn werkswinkels Graad R sonder Werkskaarte Een en Twee · die gevorderde Graad R sonder Werkskaarte aanlyn werkswinkels: Text

Description automatically generated Die waarde van bostaande is ongeveer R2 000.00.
Save this product for later
%d bloggers like this: