Ongekleurde blokke met allerlei vorms en verskillende groottes is fantasiese konstruksie aktiwiteite vir ons kinders. Ons fokus op probleem oplossing, 3D vorm herkenning, wiskunde en taal! Het jy regtig meer redes as dit nodig om die blokke uit die kas te gaan grawe? Moedig jou kind aan om met blokke te bou. In hierdie leeraktiwiteit... Continue Reading →
Leer met legos
Legos (en eintlik enige soortgelyke blokkies) is heerlike hulpmiddels in jou klas en by die huis. Hier is so 'n paar idees om in te span. Begin by 1 en bou die blokkies op tot by 10. Elke keer een meer. Een meer, nog een meer. Tot by 10. As jy klaar is lyk dit... Continue Reading →
Simmetrie sonder ‘n werkskaart
Elanza Malan vra vanoggend : "Hoe kan ek simmetrie assesseer sonder 'n werkskaart?" Hier is 'n idee! Pak blokke uit op die tafel (loer na die eerste foto hieronder), die kind moet nou die ander kant van die patroon bou. Onthou om op die kleur van die blok, die vorm van die blok sowel as... Continue Reading →
Stokkies en halfsirkels
Pak letters in plastiese bordjies soos op die foto. Onthou om nie te veel klankies in 'n bakkie te pak nie, Die kind gebruik nou die half sirkels en stokkies om die klankies daarmee te bou. Onthou dat die fokus in hierdie aktiwiteit nie op klank herkenning is nie, maar op vorm herkenning.